Ntlemeza ‘in die strate’ met amptelike voertuig

Fikile Mbalula, minister van polisie, Maandag (24 April 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria: Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, opdrag gegee om die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, op te spoor en beslag te lê op die staatsvoertuig en -selfoon in sy besit.

Mbalula het tydens ʼn mediakonferensie by die Valke se kantoor in Pretoria gesê hy het inligting ontvang dat Ntlemeza vanoggend by ʼn bestuursvergadering van die Valke opgedaag het. “Hy het glo by hierdie vergadering die hoof van die voorsieningsketting opdrag gegee om ʼn voertuig aan hom te gee wat nou iewers in die strate van Pretoria is of waar ook al hy vanmiddag is. Hy het ook ʼn selfoon van die regering in sy besit en wat ook al anders hy mag hê,” het Mbalula gesê.

“Voordat ek hier ingekom het, het ek vir lt.genl Phahlane gesê dat al hierdie items gevind en terugbesorg moet word aan die staat en dan sal alles in orde wees. Sou enigiemand hierdie perseel onder ʼn dekmantel betree, is dit onwettig en moet daardie persoon onmiddellik in hegtenis geneem word.”

Maroela Media het vroeër berig Ntlemeza het glo daarin geslaag om Maandag by die kantoor in te sluip en ’n groot groep joernaliste en betogers wat al ure lank by die ingang was te vermy.

Mbalula het beklemtoon daar is nie iets soos “twee hoofde van die Valke” nie en slegs lt.genl. Yolisa Matakata, wat in waarnemende hoedanigheid aangestel is om Ntlemeza te vervang, staan aan die hoof van die eenheid.

“Hier is geen krisis nie. Ons is bewus daarvan dat daar nou ʼn stryd buite die howe gevoer word en dat daar nie op die wet ag geslaan word nie. Wanneer die wet geïgnoreer word, kan dit net in ʼn piesangrepubliek ontaard. Ons grondwetlike demokrasie en wetstoepassing word uitgedaag. Ek het aan lt.genl. Phahlane in geen onsekere terme verduidelik wat die implikasies sal wees as hy versuim om teen Ntlemeza op te tree. Of hulle nou vriende is of nie, die wet moet afgedwing word,” het Mbalula gesê.

Fikile Mbalula, minister van polisie, Maandag (24 April 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria: Foto: Jonisayi Maromo/ANA

“Hy [Ntlemeza] het geen reg om hier in te kom en enigiemand opdragte te gee nie. Ek het dit aan lt.genl. Matakata ook verduidelik en sy verstaan dit baie goed. Sake gaan voort soos normaal. Ons het nie hierdie drama en Hollywood-rolprent nodig nie. Hierdie is eenvoudig ʼn rolprent wat tot ʼn einde moet kom.”

Mbalula het reeds vroeër vandeesmaand aan Phahlane opdrag gegee om al die staatsbates wat in Ntlemeza se besit is terug te neem. Hy het bygevoeg dat dié bates nou aan Matakata, die nuwe waarnemende nasionale hoof van die Valke, oorhandig moet word.

Nathi Nhleko, voormalige minister van polisie, het verlede maand hofdokumente ingedien om te appelleer teen die hof se besluit dat sy aanstelling van Ntlemeza ter syde gestel moet word. Hy het die aansoek ingedien nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het Nhleko moet Ntlemeza se aanstelling ter syde stel. Die Helen Suzman-stigting (HSS) en Freedom Under Law (FUL) het aanvanklik die aansoek ingedien.

Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte van die feit dat regter Elias Matojane in Februarie 2015 bevind het Ntlemeza was “bevooroordeeld en oneerlik” en het nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

Ntlemeza is in Desember 2014 deur Nhleko as waarnemende hoof van die Valke aangestel nadat Anwa Dramat as hoof van die Valke geskors is.

Nadat Mbalula as minister van polisie aangestel is, het hy die aansoek om verlof tot appèl teruggetrek.

Lees alle vorige berigte oor Berning Ntlemeza op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SÊ MAAR NET.... ·

Sê maar net….
TERWYL HOOFDE DIT UITBAKLEI WIE IS IN BEHEER VAN WAT, RN WIE PAS WAAR AAN… WAT DAN KONFLIK IS BINNE REGERING…
BOY O BOY… WHAT IS HAPPENING. … BUT TWO DONKEYS PULLING IN OPPOSITE DIRECTION CAUSING CONFLICT!
THERE IS MUCH STRAIN AND NO ONE WANT TO TAKE RESPONSIBLITY OF WHAT IS HAPPENING IN SOUTH AFRICA!
COLIGNY IS IN A STATE OF WAR ZONE… POLICE VEHICLES ARE BEING DAMAGED ETC.!
‘WHY NOT ARREST THE REBELLIOUS PEOPLE CAUSING DAMAGE TO PROPERTY AND HARMING THE COUNTIES BUDGETS AND INFRASTRUCTURE?
*COME SOUTH AFRICANS WHERE IS THE PEACE!?*

SÊ MAAR NET.... ·

*Sê maar net….*
TERWYL HOOFDE DIT UITBAKLEI WIE IS IN BEHEER VAN WAT, RN WIE PAS WAAR AAN… WAT DAN KONFLIK IS BINNE REGERING…
BOY O BOY… WHAT IS HAPPENING. … BUT TWO DONKEYS PULLING IN OPPOSITE DIRECTION CAUSING CONFLICT!
THERE IS MUCH STRAIN AND NO ONE WANT TO TAKE RESPONSIBLITY OF WHAT IS HAPPENING IN SOUTH AFRICA!
COLIGNY IS IN A STATE OF WAR ZONE… POLICE VEHICLES ARE BEING DAMAGED ETC.!
‘WHY NOT ARREST THE REBELLIOUS PEOPLE CAUSING DAMAGE TO PROPERTY AND HARMING THE COUNTIES BUDGETS AND INFRASTRUCTURE?
*COME SOUTH AFRICANS WHERE IS THE PEACE!?*

jaco ·

Die minister huil oor n kar en n foon. Wat van Nkandla wat met ons belastinggeld gebou is? Wat van reusagtige vermorsing en korrupsie deur die res v.d. ANC-regering?

marous ·

Sterkte met die nuwe pos …. dagdroom seker oor FIFA president lewe …oorsee

Koos ·

Mbalula, Gaan besoek Lichtenburg en Coligny en gaan voer uit wat jy op TV se. Dit is mos nou die plek waar jy sommer baie kriminele op een plek kan kry. Jy moes al daar gewees het.

Afrikaanse Knaap ·

Ek wil sê hy is ‘n grap, maar ‘n grap het nog ‘n nut.

Michael ·

Die tekens van ‘n regering wat in totale anargie verval omrede nr1 die voorbeeld stel

Pensioenaris, Koos ·

Ondersoek ook jou vrou, ek lees dat daar ook nie iets pluis is nie. Jy se mos dit maak nie saak wie ookal korrupt is dat jy hulle sal uithaal.

cor ·

Die minister spartel soos n vis aan n hoek met sy nog nie eers 30 dae in die warm stoel nie. Sy voorgangers almal het geraas, geblaas en geblaf en niks het nog verander nie , was net die laaste een wat ge ja en amen het vir sy meester en andere . Ntlemesa is nog in diens net nie meer die Valke hoof nie en die kar en selfoon is sy diensvoordeel. Vir ‘n kader in n mags posissie geld geen hofbevel het sy hooggeregs hof of grondwet hof nie. Die pres., sassa minister, noem maarop hulle gaan voort asof daar niks gebeur het nie

Scalla ·

Die valke hoof en die staatsmotor het die finale taxi rondte gedoen en aan die passasiers kennis gegee dat alternatiewe vervoer gereel sal word aangesien die persoonlike diens vandag staak, die selfoon sal later terug gegee word nadat die ander kliente geskakel is wat op die middag skof gekry moes word.

Danie ·

Hoe kan hy hoof word van ons polisiediens met geen agtergrond of opleiding nie. Watse voorbeeld stel Mabula?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.