Nugent verdedig sy SAID-verslag

Die Nugent kommissie van ondersoek. Foto: ANA

Robert Nugent, afgetrede regter en voorsitter van die kommissie van ondersoek na belastingadministrasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Donderdag se sessie afgeskop deur sy tussentydse verslag oor die SAID te verdedig waarin hy vra dat Tom Moyane, geskorste kommissaris, onmiddellik afgedank word.

“Julle kan debatteer as julle wil, maar ons siening en gevolgtrekking is dat daar ʼn probleem is en dat die huidige kommissaris verwyder en ʼn nuwe een aangestel moet word,” het Nugent gesê.

Volgens Nugent verskaf die verslag leiding in terme van die kwessies wat aangespreek moet word terwyl die kommissie sy werk voltooi.

Nugent het gesê die verslag was nie voorlopig soos in sommige media berig word nie. Hy het bygevoeg die kommissie sal nie teruggaan op sy bevindings oor Moyane nie aangesien dit eenparig en finaal was.

Moyane is glo geleentheid gegee om teen die verdoemende bevindings te reageer en het verkies om dit nie te doen nie.

In die verslag wat Dinsdag bekendgemaak is, het Nugent gesê dit is duidelik dat Moyane glad nie van voorneme was om met die kommissie te skakel, die bewyse teen hom aan te raak of verantwoording vir sy dade te doen nie.

Nugent het mense ook gemaan om die verslag saam met die aanhangsels te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bennie ·

Hopenlik sal dit gedoen word en ‘n goeie persoon van inbors aangestel word nie net ‘n kader wat na sy eie belange kyk nie. Ek stel voor ‘n blanke vrou uit een vd oppisissie partye uit

alida ·

Raak net onmiddellik van daardie vrou wat so’n spektakel van haarself gemaak het ontslae. Sy is duidelik onbekwaam, onbevoeg en ongeletterd en het GEEN idee wat by SARS aangaan nie.

Annelize ·

Die probleem is nie, WAARMEE moet daar vevang word? Want die Hemele weet, die “barrel” se boom is al deurgeskraap. Dit gaan net van bad to worse,
to the unmentionable…..

koos1 ·

Ongelooflik dat die kommissie hulle werk in die openbaar moet verdedig!
Nog erger is dat die reels deur politikuste so ver verdraai word dat die punte by mekaar uit kom. Die kommisie is deur die staatspresident aangestel en hy is die enigste een wat, in my opinie dit mag bevraagteken, voordat daar amptelik ‘n debat daaroor gehou word, of dat dit vir publieke insae beskikbaar gestel word.
Maar dit wys jou nou, reels tel nie vir almal nie!

Paul ·

Lees gerus hierdie artikel, dan sien mens wat verkeerde regstellende aksie aanstellings ten gevolge het:

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/gelykheid-menswaardigheid-en-regstellende-aksie/

Dan vra mens, hoe in jou lewe kan die ANC regering nie sien hoe hulle, nie ander nie, hulle, met die president aan die voorpunt, vir die styging in pryse, die leegloop van ons swaar verdiende geld in die bank, inflasie, verhoging in BTW, in belasting, jy noem dit, verantwoordelik is. En nog is dit het einde niet.

J ·

Onbevoegde BEE orals in die samelewing.
Sal SA ooit weer kan opstaan die 1 na die ander instelling vou.

alida ·

Kan iemand vir my asb se watter instelling werk nog in SA. Ek het probeer dink maar kon ie op een afkom nie. Nogal gedink SARS is reg maar duidelik het ek my misgis. Toe Mnr Manuel in beheer was het dit seepglad verloop die res is geskiedenis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.