NUK-vergadering oor Zuma uitgestel

Ramaphosa en Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat Woensdag sou plaasvind, is uitgestel nadat pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa in gesprek was.

Zuma se toekoms as president sou by die vergadering bespreek word nadat die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) dit Maandag bespreek en na die NUK vir ‘n besluit verwys het.

Volgens berigte het Ramaphosa besluit om die NUK-vergadering tot 17 en 18 Februarie uit te stel. Volgens berigte kan dit moontlik beteken dat ‘n ooreenkoms oor Zuma se toekoms bereik is.

Dit volg nadat die staatsrede wat Donderdagaand gelewer sou word, vroeër Dinsdag tot verdere kennisgewing uitgestel is.

Die presidensie het benadruk dat dit Zuma self was wat die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, versoek het om die staatsrede uit te stel.

“Die president het die uitstel versoek weens sekere ontwikkelinge wat dit nie gunstig sou maak om suksesvol die sitting te hou en die staatsrede te lewer nie,” het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê bewerings dat Zuma nie die aangeleentheid ernstig opneem nie, van alle waarheid ontbloot is.

Op ʼn vraag aan Duarte of daar al ʼn bespreking gehou is oor wie by Zuma sal oorneem indien hy bedank, het sy gesê daar was nog nie só gesprek nie. Sy het wel gesê die ANC en die land se grondwette is duidelik dat indien die president bedank, die adjunkpresident met onmiddellike effek oorneem.

Die presidensie het intussen ook reageer op bewerings vroeër Dinsdagaand wat deur die SAKP gemaak is. Die SAKP het aangevoer dat Zuma vir Ramaphosa wil afdank en met dr. Nkosozana Dlamini-Zuma wil vervang sodat, as hy bedank, Dlamini-Zuma waarnemende president sal word. Die presidensie het die bewerings ten sterkste ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel Strydom ·

Geen Politieke ruggraat. Mugabe was eenvoudig “gefire” Hoekomk nie hier ook nie of het hy een of ander houvas. Of word daar nog gebou in Dubai?

Stefaans ·

Ek moet darem toegee – ons rampokkerpresident is ‘n meester wanneer dit kom by misleiding en vertraging

Nico ·

Daar is niks om te verstaan nie. Die een is so korrup soos die ander so hulle kan hom nie net wegjaag nie want dan vat hy die hele lot saam met hom beskuldigde bank toe en hulle kan dit nie bekostig nie. As CR en al die ander ‘n skoon boek gehad het sou hulle al lankal plan gemaak het daarom is CR se uitlatings net woorde en niks meer as dit nie.

ChrisE ·

Ek lees en hoor wat politieke analiste en verslaggewers partykeer kwyt raak. Almal verhef Zuma tot ‘n briljante strateeg en voeg hom nog woorde by wat hom tot “slim staatsmanskap” verhef. Wat ‘n klomp snert. Die man het die oudste spel gespeel. Hy het hom net met sy ondersteuners omring en sit nou halstarrig in die posisie wat hy is, want die Afrika demokrasie het in werking getree. Die Afrika demokrasie is heel eenvoudig. Jy verhef jouself tot opperhoof en ewigdurende staatshoof en basta met wat die westerse demokratiese model of bestel. Die Afrika demokrasie, is die meerderheid regeer ongeag die gevolge. Ek kan nie dink wat Suid Afrika anders as die ander Afrika lande sou gemaak het nie. Kyk net hie tree die stemgeregtigdes/gepeupel op as hulle nie gelukkig is nie. Die Overvaal Hoërskool is ‘n voorbeeld daarvan. Wat lees die sogenaamde beste konstitusie in die wêreld oor minderhede en medertaal onderrig. Dit is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Ons moet wakker skrik, demonekrasie is aan die orde van die dag.

Werner ·

Hulle is bang vir Zuma hy het meer mag as wat baie mense dink

JAN ·

ZUMA GAAN SEKER NET SOOS MUGABE VRA VIR KWYTSKELDING VAN VEVOLGING TEEN HOM MET AL DIE EISE TEEN HOM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.