Nul salarisverhoging vir politici

Die parlement tydens die 2020-staatsrede (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die parlement se portefeuljekomitee oor justisie het Woensdagoggend die aanbeveling van pres. Cyril Ramaphosa en die kommissie vir die vergoeding van openbare ampsbekleërs goedgekeur dat hoëvlak-politici vanjaar geen salarisverhogings ontvang nie.

Die kommissie staan onder leiding van regter MM Leeuw en het geen skakeling met die regering nie, maar neem wel advies aan van leidende ekonome, arbeidsmaatskappye en instansies soos die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch.

Die president, adjunkpresident, kabinetslede, parlementslede en lede van provinsiale wetgewers kry geen verhoging vanjaar nie weens die land se uitdagende geldelike situasie. Dit beteken Ramaphosa se salaris bly op R3,109 miljoen per jaar. Adjunkpres. David Mabuza en die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, word elk R2,825 miljoen per jaar betaal en hoofregter Mogoeng Mogoeng R2,896 miljoen.

ʼn Parlementslid kry R1,15 miljoen per jaar, en ‘n lid van ‘n provinsiale wetgewer R1,11 miljoen per jaar.

Vir ander openbare ampsbekleërs (wat nie politici is nie) is die salarisverhoging op 3% vasgestel vir diegene wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, en 4% vir diegene wat minder as R1,5 miljoen per jaar verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anel ·

Niemand van hulle verdien salaris verhoging nie. In teendeel moet hulle baie minder kry as wat hulle nou kry, vir dit wat hulle doen. Dink net, amper R 300 000.00 per maand om wat mee te doen en hoeveel van sy volgelinge kry nie ‘n sent nie! Hoeveel van daardie geld, wat nie een van hulle verdien nie is geskenk vir noodleniging? En waar moet die verhogings vandaan kom as mense nie werk nie en belasting kan betaal nie? Mense verloor hulle werk en die spul kry salarisverhogings om die land in die moeras te hou. Seker die enigste land in die wêreld! Ek is stom geslaan!!!

Hans ·

Hul hoef in elk geval nie n verhoging te kry nie. Verhogings moet op prestasie gebasseer word

Pieter ·

Ag asb vertel ons nog n grap. Julle komuniste sal plunder tot daar niks oor is nie.

Sharnelle ·

Ek het nou besluit ek gaan nie my kind verder laat skool gaan nie, mense kan maar sê sy gaan onnosel wees dan, maar teminste gaan sy getrain wees om in die parlement te gaan werk om ook daardie jaarlikse miljoene rande te kan kry. Goeie ouers, dis belaglik hoe baie hulle betaal word.

JohanR ·

As dit nie ‘n Covid-19 jaar was nie sou Ebrahim Patel of Lindiwe Zulu rerig ‘n salaris verhooging gekry het? Sal dan seker nou in 2021 twee keer hoer salaris verhoogings kry. What is 7,5% of R2 000 000. It be an extra R150000pm. Taxman takes 40% leaves R90000pm. Deductions take 15% leaves R81000pm. Can buy a lot of open toe slops and sandals one Patel, and many many many peanut butter sandwiches and bananas for hungry children one Zulu!

Wondermaarnet ·

Die meeste van die kaders is in elk geval al bo aftree ouderdom so wat soek hulle nog daar?

Annelize ·

Goed so, 90% van hulle verdien in elkgeval nie eers hulle salaris nie, wat nog te sê ‘n verhoging!

Maar ook bygesê, ek sal die geen verhoging ook maar eers glo as ek dit sien.

Scalla ·

Gemeet aan produktiwiteit is nie een wat daar sit geregtig op n salaris van meer as R1 m per jaar nie.

Jannie van Niekerk ·

Waarom nie Salaris verlaging nie? Indien elkeen van hulle, die burgemeesters en raadslede by munisipaliteite ingesluit, afstand doen van hulle byvoordele soos duur motors, selfone, behusingstoelae ensovoorts, kan daar miljarde rande bespaar word. Elke parlemenstlid, kabinetslid en Munisipale raadlid kan ook ‘n salaris verlaging van 80 % afstaan, dan sal hullelnogsteeds soos konings lewe teenoor die gemiddelde Suid Afrikaner

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.