NUM beur voort met staking by Dwarsrivier-myn

Ongeveer 1 500 lede van die National Union of Mineworkers (NUM) het onderneem om voort te gaan met ʼn staking by Dwarsrivier-myn in Limpopo.

Ondergrondse, oppervlak- en administrasiewerkers staak al drie dae lank en eis dat die maatskappy ʼn behuisingstoelaag moet toestaan, vervoer na en van die werk moet verskaf en sy mediesefondsbydrae tot 60% moet verhoog.

Die Dwarsrivier-myn in Burgersfort het een van die grootste chroomreserwes in Suid-Afrika.

“Ons lede is ontstoke en moeg vir die voortgesette gedrag deur die bestuur van Dwarsrivier-myn wat van alle ooreenkomste ontslae wil raak en dit met hul eie beleide wil vervang,” het Philip Mankge, streeksekretaris van die NUM, gesê. “Ons lede is bereid om met hierdie maatskappy te baklei. Hulle is bereid om na die maatskappy se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg op te ruk om die direkteure te dwing om aan ons eise te voldoen.

Mankge het gesê die NUM in die streek is besig om aansoek te doen vir ʼn sekondêre staking wat daartoe sal lei dat alle kontrakteurs ook by die staking sal aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Ws ·

Dit het ernstig tyd geword vir die regering om in te gryp en unies se tande te trek.Wat gaan daai werkers maak as die myn se direkteure besluit om hul myn se deure te sluit ??Die unie gee nie ‘n vlenter om nie.Hulle rol in die geld .Maar die werkers gaan nie weer ander werk kan kry nie en rol ook nie in die geld nie so hulle gaan sleg tweede kom.Word net wakker Ramaphosa!Kyk waar gaan dinge heen vir ‘n slag.

Johan ·

Toy toy brand die myne. Hahaha . China wag hul vat een myn na die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.