NUM dreig om Eskom tot ‘algehele stilstand’ te bring

Argieffoto: GCIS

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag geëis dat Eskom tot algehele stilstand gebring word nadat loononderhandelinge met die kragvoorsiener weer misluk het.

Paris Mashego, NUM se energiesektor-koördineerder, sê die besluite wat daartoe gelei het dat die kragvoorsiener hom in ʼn finansiële krisis bevind, behoort nie die werknemers se las te word nie.

Mashego sê Eskom se aanbod van 0%-verhogings op lone is net nóg ʼn skuif van Eskom wat daartoe gaan lei dat al hoe meer werknemers gefrustreerd gaan raak.

“NUM is gewalg oor die vlak van arrogansie wat deur die swart meerderheid van Eskom se onderhandelingspan ten toon gestel is. Die onderhandelingspan het bewys hulle het geen vermoë om te redeneer nie deur te hou by die aanbod van 0% op alle eise van NUM,” het sy gesê.

“NUM het geen ander opsie as om hard en ferm te reageer op hierdie onsinnige aanbod om te verseker dat Eskom ons woede tot op die diepste vlak voel nie. ʼn Algehele stilstand [by die kragvoorsiener] dreig.”

Ekskom-werkers eis ʼn 15%-verhoging, ʼn 80/20-bydrae tot mediese fondse, ʼn R2 000-verhoging in huistoelae, betaalde kraamverlof van ses maande vir vroue en betaalde kraamverlof van een maand vir mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stoffel ·

Gaan Google ‘IQ and Demographics’. Alles sal dan sin maak.

Jannie ·

Die werkers se eise klink vir my redelik gee dit asb. vir hulle ek wil nie onnodige kragonderbrekings in die gesig staar nie.

tee ·

o is dit redelik?, en waar kom die geld vandaan? van die verbruiker af, ja dis redelik!

Michael ·

Dit is belaglik’ die eise ‘ maar kyk na Eskom se Base se salarise en BOOOONUSSE dan verstaan ek.

snoefie ·

natuurlik gaan die sapd num nie in hulle spore stop nie. hee hulle in muur van geregtigheid om in vas te loop.

Hendrik ·

Na die base se verhogings en en het ek meer geld as Eskom

Snowball ·

Net so!! Bring Eskom tot stilstand, bring die ekonomie tot stilstand, man bring sommer die hele land tot stilstand!! En as dit gebeur, kan alles wat stil staan sommer omval, vir goed…..mission accomplished!

marous ·

Breek af en kry klaar , dan kan almal weer kerse gebruik en donkie karre ry en onder bome skoolgaan en hardlopers gebruik om briewe af te lewer.

GM ·

Waarvoor moet ‘n man vir ‘n maand lank kraamverlof kry? Kraam mans dan nou saam? Hoeveel gaan help met die baba in daardie tyd? Soos party kinders by verskillende vroue kry, sal die mans nooit werk nie, maar betaal word daarvoor. Slim! En ek is bly hul noem dat die swart meerderheid van die onderhandelingspan van Eskom hul in die steek laat met hul onvermoë om te kan redeneer. Net ‘n bewys dat hul eie mense nog minder omgee. Elkeen soek so groot verhoging, dan gaan elektrisiteitpryse op, en sodoende ook die van kos. Op die ou einde sit hul met minder in hul sak as wat hul gehad het voor al die ‘demands’. EN ‘n klomp sit sonder werk. Lyk my hul vakbond kan ook nie redeneer nie. Hulle is gelukkig om ‘n behuisingstoelaag en medies te kan hê by die staatsinstellings, hoeveel in die privaatsektor kan dit sê?

Ook bekommerd ·

Ek is seker julle sal ook dood gelukkig wees as jul baas geen verhoging gee nie?! Daar is mense wat nie top salarisse kry nie. Hulle voel ook die druk van alles wat opgaan. Hulle moet net soveel meer betaal soos ons op alles wat so buitensporig duur word. Skoolfonds, medies, brandstof,voedsel, alles gaan op. Los dan die bonuse, gee darm verhoging gelyk met inflasie.

Siekensat ·

My man werk vir Eskom. Hulle verdien meer as genoeg en huis subsidie is genoeg, asook die deel wat Eskom bydra vir medies. Hete, hoeveel wil hulle nog hê? Hou op geld mors en begroot dan sal jy uitkom met jou geld. Helfte wat by Eskom Koeberg werk bly in hokkies in plakkerskampe en gebruik nie eers die huis subsidie om vir ‘n huis te betaal nie. Hulle kry almal reistoelae ook. Ek het geen voordele nie en ek kla nooit, want my man verdien genoeg.

Wonder ·

Wonder watse pos beklee jou man? Kan jy eerlik waar sê almal by eskom kry daai klas salaris? Maar is baie bly vir jou as jou beker oorloop.

Chris Ws ·

NUM se eise is verregaande.Waarom 15% verhoging eis?Sou 7-8% nie gewerk het nie?En dat die werkgewers bydrae vir ‘n mediese fonds 80% moet wees?Hulle is besimpeld.En kraam verlof vir ‘n manlike werker?Verregaande weereens.In my dae was daar nie sulke snert nie.Nee wat sit maar die krag af as julle so voel NUM.Ons sal sien wie ly die meeste daaronder!Op die ou end sit 50% van NUM s lede by Eskom SONDER ‘n werk en inkomste.Hou maar fyn dop.Hier kom groot pret!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.