NUM het nuwe hoofsekretaris

Frans Baleni (regs) saam met adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Frans Baleni (regs) saam met adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Frans Baleni is uit die kussings gelig as die National Union of Mineworkers (NUM) se hoofsekretaris, ʼn posisie wat hy amper tien jaar lank beklee het.

David Sipunzi, NUM se sekretaris in die Vrystaat, sal Baleni vervang. Sipunzi is Vrydag tydens die vakbond se 15de nasionale kongres in Boksburg tot die posisie verkies. Sipunzi het 354 stemme gekry in vergelyking met Baleni se 345 stemme.

Baleni was sedert 2006 NUM se hoofsekretaris. Piet Matosa, wat as leier van NUM waargeneem het, is amptelik tot die posisie verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.