NUM-lede besig met ondergrondse sitstaking

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 66 lede van die National Union of Mineworkers (NUM) neem deel aan ʼn ondergrondse sitstaking by Gold One Modder East in Springs.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die vakbond, het gesê die 66 rotsbooroperateurs, wat al sedert Dinsdag aan die staking deelneem, eis ʼn bonus van R250 per ontploffing. “Hulle het gesê hulle gaan nie na die oppervlak kom voor daar aan hul eise voldoen word nie,” het Mammburu verduidelik. “Hulle eis ook dat die bestuur nie tugstappe teen hulle moet doen wanneer hulle na die oppervlak kom nie.”

Hy het bygevoeg die NUM is uiters besorg oor die gesondheid van sy lede wat aan die sitstaking deelneem. “Die mynbestuur weier om na die eise van ons lede te luister. Ons doen ʼn beroep op Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, om in te gryp, aangesien ons lede se gesondheid baie swak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

kan mens nou dit aan jouself doen. Sit ma lekker da onder in die myn…

Gatvol ·

Hulle het ingestem om die werk te doen teen die vergoeding wat hulle aangebied is toe hulle begin werk het. Die vakbond is die een wat belaglike hoë salarisse vir hulle lede op besighede afdwing omdat hulle nie in voeling met die werklikheid is nie. Laat hulle sit daar onder tot hulle tot hulle sinne kom en ontslaan hulle vir die onwettige staking wat die firma baie geld kos en eis die verlies van die vakbond!

Jean ·

Neewat los hulle daar, as hulle ondergronds wil SIT, laat hulle SIT, hoekom bekommerd wees oor hulle gesondheid? Dit was hulle keuse .. laat hulle julle laat weet as hulle klaar GESIT het en gereed is om weer te werk. EK het nie meer tyd vir stakers en betogers in ‘n land waar werk skaars is nie. Lig al die cages op dat hulle nie kan opkom nie, ons kyk hoe lank hulle daar onder kan bly!

Will i am ·

Shame. Hulle wil sit. Los hulle dat hul sit. Hoop nie die myn betaal hulle vir hierdie tyd nie.

snoefie ·

daar is ander wat die werk sal dien sonder bonus. sit die elektrieseteit af. kyk hoe vinig laat dit hulle daar uitpeul. skone hebsug. due wereld is al fatvil vir dit.

Nita ·

Le die werkoosheidsyfers voor die deur van die unies. Hulle het veroorsaak met hul onmoontlike salaris eise dat miljoene werksgeleenthede verlore gaan. Die sitstakers gaan later ook hul werk kwyt wees. Hulle word mos betaal vir hulle werk as rotsboorders. Ek is seker n ander kundige plaas die plofstof en laat die ontploffing gebeur. Hy kry weer sy salaris.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.