NUM-ledetal styg weer

numDie National Union of Mineworkers (NUM) het gesê sy ledetal is weer besig om te styg in Rustenburg.

“Dit gaan redelik goed met ons werwing,” het Sydwell Dolokwane, streeksekretaris van die NUM in Rustenburg, Donderdag gesê. “Ons het van 3% na 11% gestyg by Lonmin in Marikana.”

Dolokwane verwys na die persentasie van die maatskappy se werknemers wat by die vakbond aangesluit het.

“Die NUM was ʼn meerderheidsvakbond by Implats se verwerkingsaanleg en het 34% van die werknemers by Amplats se Bathopele-myn verteenwoordig,” het hy bygevoeg. Van die lede het by die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) aangesluit toe dié vakbond in 2013 op die been gebring is.

Dolokwane beweer meeste van die oud-NUM-lede wil graag terugkom na die NUM toe, maar vrees vir hul lewe. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.