NUM onderteken loonooreenkoms met Kumba Iron Ore

Kumba Iron Ore Kathu (Sishen-myn) Foto: Kumba Iron Ore

Die National Union of Mineworkers (NUM) en Kumba Iron Ore het ʼn driejaarloonooreenkoms onderteken.

Die vakbond het Sondag gesê sy lede sal hierdeur verhogings van tussen sewe en 10 persent ontvang. Die NUM is die meerderheidsvakbond in al drie aanlegte van Kumba Iron Ore, naamlik Sishen, Kolomela en Thabazimbi.

“NUM-lede is baie gelukkig en opgewonde oor hierdie oorwinning as ʼn koste vir die maatskappy wat aan lede betaal sal word. Diegene wat die minste verdien sal in die eerste jaar na R15 606 per maand beweeg, die tweede jaar R17 143 per maand en R18 804 vir die derde jaar,” het Lucas Phiri, hoof onderhandelaar by Kumba Iron Ore, gesê.

Die partye het ook ooreengekom oor ʼn eenmalige ex gracia-betaling van R25 064.26 (na belasting) aan alle werknemers wat deur die ooreenkoms gedek word en wat teen die einde van Augustus in die lede se bankrekeninge sal reflekteer.

Die behuisingstoelaag, effektief vanaf 1 Julie is R2 900. Vanaf 1 Julie 2018 sal dit R3 200 beloop en vanaf 1 Julie 2019 altesaam R3 500.

“Die NUM wil sy dankbaarheid aan sy lede by Kumba uitspreek vir hul gedrag tydens die onderhandelingsperiode totdat hulle vir ons ʼn mandaat gegee het om die ooreenkoms te onderteken.

“Onderhandelinge was baie interessant en dit bevestig dat ons lede in Kumba steeds geloof en vertroue het in die NUM. Ons sien daarna uit om hulle verder van diens te wees. Die NUM is hier om te bly,” het Phiri gesê.

Die ooreenkoms is van krag van 1 Julie 2017 tot 30 Junie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

wanneer gaan die mense leer dat die vakbonde, num, numsa, amco of nehawu of wat ookal is, gierigaards is wat die hele Suid Afrika in armoede en ellende gaan dompel.

Frederik ·

Daai gedeelte verstaan hulle nie. R15, 000 p/m vir ‘n basies ongeskoolde werker!!?? Dit is dan ook die rede waarom hul nie belangstel om skool te gaan nie. Ook g’n wonder Mittal SA trek swaar nie, want hul betaal duidelik te veel vir hul ystererts. South 32 in Australië lag vir die spul van Kumba. Hulle myn erts teen minder as die helfte van die prys wat dit Kumba kos.

Marina ·

Volgende gaan jul sien of myn maak toe of groot skaalse afdankkings! Hoop dan as afdank hierdie vakbond se werkers bo aan lys is! Belaglik! Geen werkgewer kan sulke hoë salarisse bekostig en dit nogal vir grotendeels lae geskoolde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.