NUM ontken bewerings oor Gupta-kaping

num-national-union-of-mineworkersDie National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag ten sterkste bewerings ontken dat die vakbond deur die omstrede Gupta-familie gekaap is, en het ʼn joernalis veroordeel wat ʼn onderhoud gevoer het met een van sy beamptes oor die bewerings.

Dit volg ná eNCA ʼn eksklusiewe onderhoud uitgesaai het waartydens David Sipunzi, algemene sekretaris van NUM, erken het dat sy kantoor in 2012 ‘n skenking van R1,5 miljoen van die Gupta-mynmaatskappy, Oakbay Resources, ontvang het. Sipunzi het aan eNCA gesê sy faksie het finansiering van die Shiva-uraanmyn ontvang.

Maar die vakbond het in ʼn sterk bewoorde verklaring gesê hy is “geskok en gewalg” hoe die berig in die nuus oorgedra is, en het gesê Sipunzi het die onderhoud aan die nuusstasie toegestaan, omdat hy niks het om weg te steek nie.

“Dit is ʼn walglike sirkus waar ʼn senior verslaggewer van ʼn geloofwaardige mediahuis ʼn sensitiewe storie sou uitsaai sonder dat die feite omvattend ondersoek is, maar slegs steun op een onderhoud met NUM se algemene sekretaris, David Sipunzi, wat gepoog het om die ware feite aan die lig te bring,” het die vakbond gesê. “Dit is ʼn roekelose storie wat ten doel het om NUM en sy leiers se naam te beswadder. Dit is ʼn ernstige ondersoekende nuusberig wat die beeld van NUM en sy leiers gaan benadeel sonder dat die feite ondersoek is.”

Die Guptas word hoofsaaklik geïmpliseer in die openbare beskermer se staatskaping-verslag wat betref die aanstelling en afdanking van kabinetministers en die hoofde van staatsbeheerde maatskappye in ʼn poging om hul ondernemings te bevoordeel.

Die NUM erken egter dat hy voordeel getrek het uit ʼn borgskap van R1,5 miljoen van Oakbay, en gesê die geld is aangewend om sy sentrale komiteevergadering te finansier wat in Junie vanjaar gehou is. “Die geld is direk aan die diensverskaffer oorbetaal vir akkommodasie. Dit is nooit in NUM se rekening inbetaal nie. Dit is ʼn gewone proses wat elke keer plaasvind wanneer daar ʼn kongres of sentrale komiteevergadering gehou word, dat ons fondse insamel en daar is niks fout daarmee nie,” het die vakbond bygevoeg.

“Daar is baie ander maatskappye wat genader is vir borgskappe vir die vergadering. Die NUM is nie deur die Guptas gekaap nie en dit sal nooit deur enigiemand gekaap word nie.”

Volgens die vakbond is die storie baie vinnig gedoen en sonder enige konkrete bewyse, en wou nie verder kommentaar lewer totdat die verslaggewer en die kanaal bewyse aan hulle verskaf dat die vakbond deur die Guptas gekaap is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

humor ·

Soos sake nou verloop sal ons op die einde verseker wees die Guptas is skadeloos en met skoon handjies die land uit.

Luister ·

Ek sal graag wil weet hoeveel geld hulle al landuit geneem/gestuur het.
Hulle het glo baie arm hier aangekom. (Het skoene uit kattebak verkoop.)

snoefie ·

aan n vergadering bestee terwyl hulle soveel arm mynwerkers families kon help met daardie geld. skokkend num. skikkend maar nie verbasend nie.

Rupert Ashford ·

Hiert!!!! Spring so ‘n kat nou rond op daardie warm sinkplaat….

Johann ·

1.5 mil nodig om te kan vergadering hou? Verblyf? Voruge geleenthede ook? En baie baie baie galbraak oor NIE skuldig nie???? Om.nie te praat van voorskriftelukheid vir jurnalistiek nie??????????

John ·

Die ekonomie moet ook beheer word deur die ANC, nie net die politieke toneel nie, se die prez. En so word die saadjie vir verdere vergrype, ‘n oerinstink, by die massas gesaai en samehorigheid aangeblaas. Die parassiete in ons midde gaan nie bes gee nie. Hulle het ‘n ‘goudmyn’ ontdek en die baas is klei in hul hande. Sy woorde is hul woorde. Zuma gaan alle wette ignoreer en aanbly as president. Hy glo hy is verhewe bo die reg. Wie kan hom onttroon? Die grondwethof is nie by magte nie.

snoefie ·

wanneer was die grindwet verander? stipuleer die grondwet nie dat n president net twee termyne in die amp mag bly nie? ek was onlangs verbaas om te lees Zuma se hy WIL nie n derde termyn bly nie. vir die volgende president dan, R100 000 SE VEILIGHEIDS OOGRADERING AAN EIE PRIVATE WONING! VIR DIE RES MOET JY SELF BETAAL!

Nita ·

Witmense word beskuldig daarvan dat hulle die oorsaak is van al die probleme in die land. Maar ek hoor nie n piep of n kwaak van swartmense af oor hoe die regering en ander instansies miljarde rande opslurp en vermors in plaas daarvan om hulle eie broers en susters, se lewens te verbeter nie. Nee dis baie makliker om die blaam op wittes te plaas wat kwansuis alles van hulle gesteel het. Werksgeleenthede, besighede, plase! Die regering kon al duisende plase gekoop het, direk uit die Landbouweekblad! Deur die jare is duisende plase te koop aangebied. Maar moenie glo nie. Die korruptes druk miljarde rande in hulle eie sakke. Kongresse, ontbyte, dinees, oorsese reise, luukse motors en ontwerpers klere. Alles met geld wat bestee moes gewees het om swart mense se lewens te verbeter. Nou bly daar net een ding oor: Hou aan om haat teen wittes aan te blaas om die aandag af te trek van wat ons, ons eie swart broers en susters aangedoen het.

zoom zoom ·

Hoe is dit moontlik dat die spul nie weet waar wie die geld voorsien het

CHRISTA ·

Hulle eie leier weet nie eers wat in sy eie agterplaas (die bou van Nkandla) aangaan nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.