NUM ontken hy wou loononderhandelings by Eskom uitstel

Betoging by Eskom se Megawatt Park in Johannesburg (14 Junie 2018). Foto: Twitter via @NUM_Media

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Maandag berigte verwerp dat die vakbond uitstel vir die loononderhandelings met Eskom versoek het as gevolg van sy kongres vandeesweek.

“Die NUM-kongres begin Woensdag by Birchwood-hotel en dit sal nie enige impak hê op die loononderhandelings nie, omdat ʼn ander span van NUM ten volle by die onderhandelings betrokke is,” het Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die NUM, gesê. “Die NUM sal ten volle aan die loononderhandelings deelneem van môre tot Donderdag by Cedarwood Park in Woodmead. Die NUM het nie enige uitstel vir die Eskom-onderhandelings versoek nie.”

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Vrydag aangekondig dat Eskom en drie vakbonde vandeesweek hul gesprekke sal hervat ná dit vasgeval het. Die kragvoorsiener het ingestem om sy aanbod van ʼn 0%-verhoging van die tafel te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

NUM is deel van COSATU en COSATU is in alliansie met die ANC. Die ANC-regering beheer vir Eskom. So einlik staak die ANC teen die ANC.
Iets maak nie sin nie, of mis ek iets?

HPV ·

Jaco, ek glo nie jy mis iets nie. Die ou spul is so deurmekaar ek glo hulle sal dit self eers oor maande agterkom of dalk nooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.