NUM ruk op na Eskom-kantore

Die vakbond sal Saterdag na Eskom se hoofkantoor opruk. (Foto: NUM/Twitter)

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Woensdag aangekondig dat hy die komende naweek na Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Sandton, sal opruk, uit protes teen die beplande ontbondeling van die staatsbeheerde onderneming.

Die vakbond eis ook dat die energiereus se direksie ontbind word, terwyl sy uitvoerende hoof en bedryfshoof, André de Ruyter en Jan Oberholzer, hul bedankings moet indien. Hulle sal sommer ook van die geleentheid gebruik maak om ʼn verhoging vir hul lede te eis.

Livhuwani Mammburu, nasionale woordvoerder van NUM, sê die vakbond is sterk daarteen gekant dat Eskom ontbondel word. NUM meen ontbondeling is net ʼn voorloper van privatisering wat eindelik tot onbekostigbare energiepryse sal lei.

“[Hierdie optog] is deel van die voortdurende massa-aksie gerig daarop om die ontbondeling van Eskom te keer,” sê hy.

“Ons gaan ook eis dat die diensvoorwaardes van ons lede dadelik heringestel word en dat hulle ʼn 15%-verhoging ontvang.”

ʼn Herstelplan om die beskikbaarheid van kragvoorsiening by Eskom te bevorder is reeds in 2019 goedgekeur. Dié proses sal behels dat die energiereus in drie filiale vir transmissie, opwekking en verspreiding herstruktureer word.

Maroela Media het vroeër berig dat die wettige skeiding van Eskom se transmissie-afdeling teen 31 Desember 2021 afgehandel sal word, terwyl die wettige skeiding van opwekking en verspreiding vir Desember 2022 geskeduleer is.

Dít sal onder meer mededinging bevorder en nuwe beleggings in opwekkingskapasiteit aanspoor.

De Ruyter het wel gesê dat die ontbondelingsproses nie met werksverliese gepaard sal gaan nie, hoewel dit steeds heelwat praktiese implikasies vir werkers het en dat talle aanpassings aan die stelsel aangebring moet word.

Desnieteenstaande het NUM gesê hy gaan alle vakbonde en vakbondfederasies wat moontlik hierdeur geraak kan word, aanspoor om Saterdag na Megawatt Park op te ruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elinette ·

Nee, NUMSA, julle ‘worry’ nie regtig oor jul lede en hul inkomste/toekoms by ESKOM of die feit dat ontbondeling by ESKOM sal lei tot onbekostigbare elektrisiteitspryse nie – JULLE “WORRY’ OMDAT DIE KRAANTJIES VAN KORRUPSIE WAT SO VRYELIK GEVLOEI HET, NOU TOEGEDRAAI WORD!!!

Lourens CFG ·

Die elektrisiteit pryse is klaar onbekostigbaar vir my.
Gespring van R900/m na R1300/m, ons kan net R1200 se krag koop dan is ons geld op.

Julia ·

Wat is nuut: energiepryse is laaaaankal reeds onbekostigbaar!!!

Kokerboom ·

Absolute bewys van totale irrelevansie van linkse vakunies

Jack ·

Nee wat.Soos Elinatte genoem het gaan dit nie oor die werkers nie maar eerder oor die NUM.Hulle sal sover moontlik privatisering probeer verhoed of boikot want dit sal ‘n onmiddelike sny in hulle verdienste ens hê.Die verhogings.Dit is maar net ‘n “pie in die sky” want NUM is bekommerd dat hulle geldsakkie gaan leegloop.Die MERC’S,BMW’s,LANDROVERS ens moet jaarliks vervang word en waar gaan die geld vandaan kom ? ESKOM is vir alle praktiese doeleindes dood en die bietjie lewe wat daar nog oor is gaan volgende jaar dalk ook uitdoof.Tyd vir Solar krag en inverters in Januarie.

Philip ·

My jare as n EVKOM werker was daar n hele klomp ondernemings en kragstasies wat onafhanklik van mekaar bestaan het en elke onderneming het sy eie bestuurder aan die hoof van die onderskeie ondernemings gehad.Streng dissepline en lojaliteit was n voor vereiste en bevorderings slegs op kwalifikasies /opleiding/en meriete toegepas. Miskien droom ek net oor beter tye wat ek geken het.

Swerwer ·

Ag pragtig, wil sommer ‘n 15% verhoging vir hul lede hê. Regtig, wys net die onnoselheid. Kan dit nie hanteer dat blankes daarin slaag om Eskom weer op die regte koers te plaas nie. NUM aanvaar nou maar net dat daar ‘n tekort aan kundigheid van die ANC is.

Jacobus ·

Hoe lank gaan dié soort belaglike onredelikheid voortduur wanneer werkloosheid reeds astronomies is.

SlinkseKoljander ·

15% verhoging vir wat? Vir op hulle alies sit en niks doen.
Weg met NUMSA weg met BEE

Misky ·

NUMSA is deel van die sabotasie span en wil nie hê ESKOM moet weer op sy bene kom nie

Marius ·

Miskien moet num se bestuursgroep bedank. Hul weet duidelik nie waar die klok hang nie…

My siening ·

Die African National Criminals en hul “unions” regeer die land soos in Rusland, ek spoeg op hulle!

Philip ·

Andre de Ruiter en veral Jan Oberholzer is n doring in die flees van die korruptus wat tot nou toe nog op die kantlyn staan.Voordat ek in middel 1990s pakket gevat het was daar sommige wit bestuurders wat verwag het dat jy as persoon as n mentor moet optree maar ek wonder tot vandag toe nog wat van hulle later geword het wat agtergebly het.

Ria ·

Ek verstom my telkens vir hierdie mense se beperkte redenasievermoë. Ek slaan my hande saam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.