NUM staak by Idwala Carbonates

Foto: Idwala Industrial Holdings

Die National Union of Mineworkers (NUM) in KwaZulu-Natal het Maandag gesê sy lede het by Idwala Carbonates in Port Shepstone begin staak ná loononderhandelings vasgeval het.

Die aanleg myn seldsame wit kalksteen en dolomitiese kalksteen.

Volgens die vakbond het sy lede verlede week Woensdag begin staak toe die bestuur van Idwala Carbonates geweier het om hul aanbod van ʼn basiese salaris te verhoog.

Idwala Carbonates bied ʼn verhoging van 6.5% terwyl NUM 8% eis.

Die maatskappy bied ʼn ekstra R140 aan op die huidige R1 000-behuisingstoelaag, terwyl NUM R1 500 eis.

Muzikayise Zakwe, streeksekretaris van die NUM in KwaZulu-Natal, het gesê die maatskappy het ʼn “waardelose” lening van R20 000 aangebied, wat voorwaardelik is aan ʼn lid se kredietrekord.

“Die NUM eis ook dat skoftoelaes gestandaardiseer word en die maatskappy is nie bereidwillig om dit te doen nie. NUM in KwaZulu-Natal hou vol dat die houding van die werkgewer die proses versaak, aangesien NUM alle ander alternatiewe ondersoek het voor die keuse gemaak is om te staak,” het Zakwe bygevoeg. “Die staking sal voortduur totdat die maatskappy ʼn redelike aanbod maak. Sommige van die kwessies is tydens vorige gesprekke aangeroer, maar geen oplossing is bereik nie. Die vakbond het besluit om sy reg uit te oefen om te staak.”

Zakwe het gesê die NUM gesels met sy tak by die sementvervaardiger NPC om sy lede aan te moedig om met ʼn sekondêre staking te begin. “Ons glo NPC sal die geleentheid aangryp, aangesien hulle tans by die KVBA is oor lone. NPC bied ook nie enige progressiewe aanbod wat die NUM sal oortuig om ʼn ooreenkoms te onderteken nie,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Robot ·

Een van die dae sal nie-stakende robotte die mynwerk met groot plesier baie vinniger en beter verrig.

Robot ·

Hou daarom aan om jou vaardighede te verbeter en raak nuwe tegnologie baas, doen aanlyn kursusse soos op Coursera.

Staker ·

En oor ‘n week maak die plek toe of dank 5000 mense af dan tjank almal weer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.