NUM veroordeel Eskom se bewerings van ‘sabotasie’

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Maandag gesê Eskom se bewerings dat werkers, verbonde aan die vakbond, verantwoordelik is vir sabotasie by die kragvoorsiener se kragstasies landswyd, is onwaar.

Dit volg ná Eskom verlede week met beurtkrag begin het, toe die kragnetwerk onder druk geplaas is as gevolg van ʼn tekort aan kapasiteit toe werkers begin staak het nadat loononderhandelings vasgeval het.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die NUM, het gesê Eskom “jok oor vakbondlede wat werkers by kragstasies intimideer” en gesê die kragvoorsiener is eenvoudig op soek na simpatie van die publiek.

“Ons wil ook die leuens, wat Eskom versprei, dat ons lede vir beurtkrag verantwoordelik is, weerlê. Eskom jok en ons lede is nie verantwoordelik vir enige sabotasie nie, het Mammburu benadruk. “Eskom is desperaat op soek na simpatie van die publiek en ons lede word nou die sondebokke. Dit is onwaar en onaanvaarbaar. Eskom-bestuur moet hul eie probleme hanteer en nie die werknemers blameer nie.”

Eskom-loononderhandelings hervat Dinsdag in Johannesburg en sal tot Donderdag duur nadat die kragvoorsiener sy 0%-verhoging geskrap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PK ·

Nou verduidelik dan wie was die lede wat buitekant die Kragstasies sè hekke ge staan het en geweier het om te werk, en die wat wel wou werk nie toegelaat het nie, kole trokke is voor gekeer en die kole is in die pad ge dump om net later weer in sakke huis toe gery te word, Die werkers wat van binne die krag stasie af van diens af moes gaan is voor gekeer en aan ge rand

Mossie ·

Eskom soek simpatie en geintimideerde werknemers sien drogbeelde…regtig, hoe blind en onnosel dink NUM is die publiek! Eskombestuur steek miljoene in hul gatsakke en vakbonde staak en brand als voor die voet af, dis jan alleman wat al die ongemak moet verduur en die wat nog trots is op hul werk wat intimidasie en dreigemente moet trotseer.

PK ·

As daar nie respek in die parlement is nie sal niemand ooit leer dat daar altimatims gestel moet word na daar om die tafel gesit is en nie ‘n oor eenkoms bereik is nie, die unies dink ook net aan hulle sakke en basta met wat ook al wet is

PK ·

Verder het ons lekker partytjie gehou ons katte bakke was vol drank en die musiek het ge boeeem, dit was vet pret so lekker dat toe die busse kom om ons Meggawatt toe te vat toe klim almal wat nie vir Eskom werk nie maar die wat nog nooit van ‘n “National Keypoint” gehoor het nie en nog minder weet wat dit beteken

Elred Ferreira ·

Ek het geen twyfel daaroor dat die bewerings van sabotasie waar is nie….party mense glo mos jy kan alles regkry met sabotasie en intimidasie.

Cherokee ·

En steeds weier die regering om ‘n tweede (privaat) kragvoorsiener toe te laat, selfs na die staatsbeheerde Eskom ‘n totale flater uitgedraai het. Die jare toe Eskom nog Evkom was, was dinge anders.

Mag ·

Hierdie gaan nou die norm word, werkers staak kamtig en onmiddelik gee NERSA Eskom die groenlig vir ‘n prys styging. Mense wat gemiddeld R50,000 per maand verdien het beslis geen rede om te staak vir nog ‘n belaglike verhoging terwyl hul maatskappy finansële probleme het nie. Daai ekstras moet nou uit mense wat dit nie kan bekostig se sakke verhaal word. Die selfsugtigheid van ons mede burgers is verre gaande.

Johan ·

Wie anders het dit gedoen dan NUM…..dis maklik om iets te ontken….dis darem maar n klomp slim biscuits die….dink hulle SA is dom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.