NUM verwerp Eskom se loonaanbod

Argieffoto

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers het Dinsdag Eskom se salarisverhoging van 5.6% verwerp.

“Ons verwerp die driejaar-ooreenkoms en versoek Eskom om aan die eise van ons lede te voldoen,” het Frans Baleni, uitvoerende hoof van die NUM, in ʼn verklaring gesê.

Die vakbond dring aan op ʼn verhoging van 12% op alle vlakke in ʼn eenjaar-ooreenkoms. “NUM bly onbeweegbaar in sy eise en sal nooit Eskom se belediging aanvaar nie. Ons eise is regmatig en haalbaar,” het Baleni bygevoeg. “Ons lede word sleg behandel en deur die werkgewer uitgelok omdat dit as noodsaaklike dienste beskou word.”

Die vakbond het Eskom daarvan beskuldig dat hy nie na die welstand van sy werknemers omsien nie. Hy het gesê Eskom weier om na sy werknemers te luister en dit skep frustrasie in die arbeidsverhoudinge.

Eskom het bevestig dat sy aanbod van 5.6% verwerp is. “Ons aanbod is verwerp en die proses gaan nou na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Dit is die ooreenkoms tussen die partye,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Hoekom doen my Unie nie so baie vir my nie? Vir 20jaar al betaal ek die Unie getrou, en nog nooit het hul nodig gehad nie. Nie eens met dissiplinêre aksie of enigiets nie.

Boon-op mag ons nie staak nie. Ons Unie laat ons nie toe om te staak nie.

Ons is maar ‘tevrede’ met ons 5% verhoging elke jaar. Soms net 3%.

Ek werk al 24jaar en vat net so oor die R5 000 ‘n maand huis toe. Ja, ek werk vir ‘n Bank.

Is Banke ook noodsaaklike dienste?

Dink ek gaan maar my Unie bedank. Hulle het genoeg ‘lekker gelewe’ op ons arm bankamptenare se geld.

Hulle is hopeloos.

Canned Phantom ·

Kom ons trek die stoute skoen aan. Moet die werkers nie dalk ‘n verhoging eis soortgelyk aan die verhogings wat Eskdom van ons, die man op straat, eis nie? Hulle verhoog krag se pryse met dubbelsyfers elke jaar en die direkteure wat die gemors laat gebeur het druk miljoene in hulle sakke. Die gepeupel moet net elke keer die houe vat en die vetkatte lag vir ons in hulle DDMs. Ek vra net…

Grassie ·

Eskom is ‘n klomp bangbroeke. Daar is stadsrade, in veral hoofsaaklik swart woongebiede, wat aan Eskom alstesaam biljoene rand in agterstallige betalings skuld. Dan is daar ook munjsipaliteite in hoofsaaklik blanke gebiede waar die verbruikers hul rekenings gereeld by die munisipaliteite inbetaal maar die korrupte amptenary plunder die geld en betaal dit nie aan Eskom oor nie. As Eskom die moed kan bymekaarskraap om agterstallige vebruikers se krag af te sny totdat hul rekenings op datum is sal hulle genoeg geld hê om ook hul wernemers billik te vergoed.
Ek weet ek is nou sommer weer besig met wensdenkery want beskaafde, reverdige norme geld lankal nie meer in ons land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.