NUM wil teen Eskom-privatisering en afleggings betoog

Argieffoto: GCIS

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Woensdag gesê hy sal na die Uniegebou in Pretoria opruk om teen onafhanklike kragprodusente (IPP’s), afleggings, die privatisering van Eskom en die sluiting van kragstasies en steenkoolmyne te betoog.

Philip Vilakazi, adjunkpresident van NUM, het gesê die vakbond ondersteun nie wat tans by Eskom gebeur nie en is onder andere gekant teen die departement van energie se ooreenkoms met 27 IPP’s. “Ons doen ʼn beroep op alle werkers in die mynbou-, energie- en konstruksiebedryf, lede van die gemeenskap, vragmotorverenigings, ons sustersvakbonde in Cosatu en die ANC-alliansievennote om hulself voor te berei sodat hulle Saterdag by ons kan aansluit vir ʼn vreedsame optog teen die IPP’s en die privatisering van Eskom.”

Vilakazi het gesê die vakbond is uiters besorg oor “duisende poste” wat verlore sal gaan in Mpumalanga.

Volgens hom is die “slegste ding die hernubare energie wat deur die IPP’s opgewek word en deur Eskom verkoop gaan word”.

“Ons sê Eskom is ʼn staatsentiteit. As die IPP’s kan krag opwek, dan moet hulle dit op hul eie doen en met Eskom meeding. Die NUM gaan dié poste beskerm.”

Hy het gesê Eskom wend hom ook eerder om poste te verminder, in plaas daarvan om die werklike uitdagings te takel. “Munisipaliteite skuld meer as R13 miljard aan Eskom. Dit beteken werkers het elektrisiteit opgewek wat verkoop moes word en nou is dit gratis aan dié munisipaliteite geskenk. Dis nog erger dat die uitvoerende beamptes van die munisipaliteite die elektrisiteit verkoop en nooit Eskom betaal het nie.”

Volgens Vilakazi sou Eskom wins van minstens R10 miljard in die afgelope finansiële jaar getoon het as munisipaliteite hul agterstallige skuld betaal het. “Dan sou Eskom nie ooreenkomste met die IPP’s hoef aan te gaan nie.”

“Die regering moet die ooreenkomste met die IPP’s skrap en die agterstallige munisipale rekeninge betaal. Eskom se probleme sal opgelos wees en die publiek sal nie blootgestel wees aan stygende elektrisiteitskoste nie. Ons sal die privatisering van Eskom en afleggings teenstaan met alles in ons vermoë. Ons sal nie ophou totdat ons suksesvol is nie,” het Vilakazi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

khat ·

Ja ne num is een van die redes hoekom niks in staatsdiens werk nie ek stem egter saam die munis moet vas gevat word dank die slegte artapels af in die sakkie dis die bestuurders in munis wat loot en die geld gaan nie na escom nie maar dat escom gepravitiseer moet word is n moet dis al hoe die land gaan reg kom privatiseer al staats dienste na mense wat weet wat aan gaan

Pieter ·

Betoog sal niks aan die situasie verander nie. Die skade is gedoen, die land is in n gemors en julle sê julle het niks vermoed nie.
Te laat om julle lede se stem nou te probeer werf.

Landi ·

NUM, julle betoog teen werkskepping. Kan julle werklik so kortsigtig wees?!

Vraagteken ·

Landi, hoe bedoel jy met werkskepping? In watse industry is dit van toepassing?

Gert ·

Vakbonde tree altyd op om hulle lede ‘n onregverdige voordeel te gee ten koste van die land. Hernubare krag sal op die lang termyn massiewe voordele gee vir die land, sal krag goedkoper maak wat die groeikoers sal laat styg en werkloosheid sal verminder, maar nee die vakbond wil net nou voordele kry vir die werkers.

David ·

Eskom Transmissie en Produksie moet eenvoudig geskei word en enige iemand, wat natuurlik aan die kragkwaliteit standaarde voldoen, moet kan krag kan verkoop aan transmissie.

Die unies gaan nie daarvan hou nie, maar hulle tree in elk geval nie op in die belang van die groter geheel nie, maar die unie base se bankbalans. Die ANC gaan ook nie daarvan hou nie, want hulle is bedmaats met die unies.

Ek is bevrees ons voorland is beurtkrag, swak kragkwaliteit en hoë pryse.

Vraagteken ·

Die probleem is, net kragstasies sal die krag kan verkoop. So basies jaag ‘n mens net jou stert as jy dink jy gaan krag verkoop? Wie anders sal dit kan voorsien en verkoop?

Sarel ·

Wat dra hierdie vakbonde by tot die ekonomie van die land. Stakings, geweld en vernietiging van eiendom sinoniem met hulle.

John ·

Die unies dink soos die EFF dat alles aan die staat moet behoort en almal deur die staat in ‘n paradyslike staat gehou word, vandaar die plan vir die gryp van suksesvolle plase vir aansit en skep. Kommunisme is dus die basis. En Mei is al die unies weer in die strate om vir meer te betoog wat dus net ‘n klompie werkers goed laat leef en die werkloses buite rekening laat.

Callie ·

Die unie is reg. Privatiseer Eskom en daar is 35 000 poste wat afgeskaf gaan word. Vra maar vir mnr Blom. Dis poste wat geskep is vir kaders. Munsipale bestuurders en burgemeesters moet tronk toe. Hulle pleeg bedrog met die publiek se geld wat eintlik die Eskom rekening moet betaal. Wys net een staatsinstelling wat nie deur die ANC en sy rampokkers gestroop is nie en dan kan iemand dalk glo die land is nie tot niet nie.

marous ·

Weerhou alle belasting dan kan hulle sing en dans tot in ewigheid ,….sonder verversings

Sarel ·

Vakbonde moet nog eens staak tot geen van hulle lede meer werk het nie . Kom vakbonde , moet nie wag nie. Dit is min werk en hoe salarisse en julle geheul met die ANC wat ons bankrot het. Klop julself op die skouer .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.