NUM wys Amplats-ooreenkoms van die hand

Argieffoto

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers het geweier om ʼn driejaarloonooreenkoms met Anglo American Platinum te onderteken, en Dinsdag gesê hy het ʼn doelbewuste besluit hieroor geneem, omdat die ooreenkoms nie die mynwerkers in die platinumgordel bevoordeel nie.

Dit kom nadat Amplats verlede week bevestig en die besonderhede van die ooreenkoms bekend gemaak het wat hy met die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) by sy bedrywighede in Rustenburg onderteken het.

Die loonooreenkoms, wat tot 1 Julie 2016 teruggedateer sou word, sluit ʼn jaarlikse verhoging van R1 000 of 7% per maand in vir vakbondwerkers oor die drie jaar periode.

Die loonooreenkoms sou beteken dat die werkers, wat die minste verdien, salarisverhogings van 12,5% sou ontvang en werknemers in hoër vlakke sou verhogings van 7% ontvang.

Ander voordele sluit leeftoelaes, behuisingsubsidies vir huurders en huiseienaarskaptoelaes in wat elke jaar oor die drie jaar verhoog sou word.

Amcu eis al sedert 2012 ʼn basiese salaris van R12 500 vir die mynwerkers op die laagste salarisvlakke in die platinumbedryf en ʼn leeftoelaag van R1 000.

NUM het egter gesê hy glo selfs in die bestaande driejaarooreenkoms sal ondergrondse werkers nog steeds nie R12 500 verdien nie, maar wel R11 500.

NUM het gesê die R12 500-verhoging moes al in 2012 behaal word, deur diegene wat daarvoor gestry het, maar dit is nog steeds nie behaal nie. William Mabapa, adjunk- algemene sekretaris van NUM, en hoofonderhandelaar by Amplats, het gesê mynwerkers verdien beter salarisse en voordele, en nie leuens nie. “Die hele ooreenkoms is ʼn groot verlies vir arm mynwerkers wat probeer oortuig word dat hulle baie bereik het. Die voordele word bereken op ʼn vlak laer as hul basiese salarisse en dit is waar die probleem lê.”

Mabapa het gesê die loonooreenkoms wat Amplats en Amcu onderteken het, is ʼn oortreding van die erkenningsooreenkoms wat NUM op 9 Februarie 2009 onderteken het, Uasa en Numsa op 17 Februarie 2009, en Amcu op 25 Februarie 2013, volgens onderhandelingsklousules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paul ·

Julle skryf hulle sal R1000 of 7% per maand ontvang. Sekerlik “per jaar” eerder as “per maand”?

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Hier is die bronteks: “The wage agreement, which would be backdated to July 1, 2016, would see annual increases of R1,000 or seven percent per month in basic pay for bargaining unit employees over the three-year period.”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lola ·

Die dronk regter in die vorige artikel kry R350 000.00 per maand om by die huis te bly – hierdie mense werk bitter hard vir minder as R12500.00 per maand. Ek sal nie kan oorleef met R12500.00

Jean ·

Uiteindelik gaan julle sonder werk sit, maar die twee bring julle mos nooit bymekaar uit nie. As julle weet in watter moeilikheid die myne is sal julle teken terwyl julle nog kan. Anglo bv verkoop al sy myne, stuk vir stuk, Sibanye het reeds ‘n groot gedeelte uitgekoop, en die res word ook binnekort verkoop aangesien hulle miljoene rande se verliese gely het agv stakings ….. wakker word, as julle weer sien, sit julle ook in ‘n Aurora situasie, maar dit kom van GREED! Hulle werk dalk hard, maar onthou hulle is meestal ongeskool en werk is skaars. Jy wil of werk of nie werk nie, dis maklik. As dit te min is, gaan sit by die huis vir R0 ‘n maand.

Wize ·

Jean – Presies my punt ook. Eerder ‘n salaris met ‘n klein verhoging as geen salaris. Maar die spul wil mos net Hê !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.