Numsa aanvaar Amplats-aanbod; Amcu-staking sloer voort

Foto: dailymaverick.co.za

Foto: dailymaverick.co.za

Numsa het Anglo American Platinum (Amplats) se loonaanbod aanvaar, het die mynmaatskappy Donderdag gesê.

“Die aanbod, wat in Desember 2013 deur die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) en die United Association of South Africa (UASA) aanvaar is, sal van toepassing wees op alle werknemers in die Numsa-onderhandelingseenheid,” het Mpumi Sithole, woordvoerder vir Amplats, in ʼn verklaring gesê. “Die ooreenkoms bepaal die lone en ander werkstoestande vir werknemers in die periode 1 Julie 2013 to 30 Junie 2015.”

Dit kom neer op loonverhogings van 8.5% per jaar vir A tot B2-werknemers, 8% vir B3 tot B7-werknemers en 7.5% vir C tot D1. Van jaar twee sal alle werknemers ʼn 8%-verhoging ontvang.

Numsa kon nie vir kommentaar bereik word nie. Die vakbond het in Januarie gesê hy beplan om by Amplats te staak. Numsa het glo ook in Februarie ʼn staking aangekondig by Amplats se prosesseringsafdeling.

Chris Griffith, hoof uitvoerende beampte van Amplats, het Numsa se aanvaarding verwelkom.

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Amplats en ander platinumvervaardigers. Die werknemers eis ʼn minimum maandelikse intreevlaksalaris van R12 500. Die mynmaatskappye het steierverhogings van tussen 7 en 9% oor die volgende drie jaar aangebied. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.