Numsa begin binnekort politieke party

Irvin Jim. Foto: Sapa

Irvin Jim. Foto: Sapa

Numsa het Maandag aangekondig dat hy gaan wegbreek van die ANC en sy eie politieke party gaan stig.

“In Desember vanjaar sal ons die United Front bekend stel,” het Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, Maandag aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Ten einde die diens aan ons lede te verbeter en ons vakbond te verdedig en te groei, het ons ons eie dienshandves aanvaar.”

Die besluit om ʼn nuwe politieke party te stig is die eerste keer in Desember 2013 aangekondig tydens Numsa se spesiale kongres. “Ons het besluit om weg te breek van die alliansie en om die United Front te stig en die moontlikheid van sosialisme in Suid-Afrika te ondersoek. Ons het juis hierdie historiese besluite geneem omdat ons besef het dat die Suid-Afrikaanse werkersklas ‘n politieke liggaam van hul eie nodig het wat in sy beleid en aksies verbind is tot sosialisme,” het hy gesê.

Jim het egter benadruk dat die skuif nie beteken dat Numsa wegbreek van Cosatu nie. Hy het gesê Numsa sal Cosatu ten alle koste verdedig. Volgens Jim is die stig van ʼn politieke party al baie jare ʼn gesprek by Cosatu.

“Numsa het vandag gedoen wat Cosatu al lankal wou doen. Tydens Cosatu se sesde kongres is daar gesê: ‘Cosatu moet ‘n breë gewilde beweging begin vir transformasie rondom gemeenskaplike kwessies wat die werkersklas raak.’ Dit was duidelik ‘n beroep vir die totstandkoming van die United Front,” het Jim gesê.

Klik hier om vorige berigte oor Numsa te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zahn ·

Et tu, Brutus (lees anc)? Is dit die begin van die einde? Buitestaanders voorspel al lankal die anc onder die hudige bewind gaan hulle nog uit hul kieserskorps uit steel, en nou begin dit uitkring. Eers Julias, nou Irwin. Mooi man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.