Numsa bespreek aanbod met sy lede

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het Sondag gesê hy sal die jongste loonaanbod met sy lede in die metaalbedryf bespreek.

Castro Ngobese, woordvoerder vir die vakbond, het gesê Numsa se leiers en lede van die nasionale onderhandelingspan het ʼn spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering (NUK) bygewoon. “Die spesiale NUK het ingestem om onderhandelinge, wat met die voortslepende staking verband hou, met die lede te bespreek.”

Ngobese het gesê stakers sal Maandagoggend inligting van die NUK af ontvang.

Meer as 200 000 lede van Numsa in die metaal- en ingenieursbedryf staak al sedert 1 Julie en eis ʼn salarisverhoging van 12%. Hulle eis ook ʼn behuisingsubsidie van R1 000 en die afskaffing van arbeidsmakelaars. Die vakbond het op 13 Julie aangekondig dat hy sy eis afwaarts na 10% aangepas het.

Die departement van arbeid en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het onderhandelings tussen die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) en vakbonde fasiliteer nadat dit ʼn dooiepunt bereik het. Die nuwe ooreenkoms sluit ʼn drie jaar ooreenkoms met verhogings van tussen 8% en 10% in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hannelie steyn ·

Ek is nie tevrede met die strike nie. Hulle dink nie wat hulle aan ander doen nie. Daar is mense wat hulle goed moet verkoop om iets te maak van hulle lewe. In die ou dae was daar nie die kak nie. Jy moes met jou salares deur kom of jy moet maar pad vat. Daar die jare was harde tye. Wat hulle ok nie besef nie, hulle soek verhooging maar as hulle nie werk in kry nie hoe gaan hulle dan voort met die werk. Hou op strike en dink daar aan hoe om werk te kry. Ek stem nie saam met die strike nie. Wat gaan hulle doen as daar nie meer werk is nie en jy moet net leef wat jy het. Dit kan nie werk nie. Mense dink verder as wat julle neuse lank is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.