Numsa betoog by Unisa om Gugu Ncube te ondersteun

Gugu Ncube by die Pretoriase landdroshof saam met haar prokureur Rudzani Netshiavha (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Vrydag by die Universiteit van Suid-Afrika se hoofkampus in Pretoria betoog in solidariteit met die voormalige werknemer, Gugu Ncube.

Unisa het Donderdag gesê hy het ʼn eksterne regsfirma aangestel om sy ondersoek te hersien oor ʼn klag van seksuele teistering wat Ncube teen ʼn voormalige kollega, Shibambu Mhlava, aanhangig gemaak het.

Ncube het by Unisa se sentrum vir vroeëkinderopvoeding (UCECE) gewerk toe die beweerde seksuele teistering plaasgevind het.

Ncube is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem op aanklag van openbare onsedelikheid toe sy halfnaak by die Uniegebou betoog het teen Unisa se hantering van haar klag.

Ruth Ntlokotse, tweede adjunkpresident van Numsa, het in ʼn verklaring gesê die vakbond is teleurgesteld dat Unisa besluit het om sy verantwoordelikheid te laat vaar toe Ncube aanvanklik die kwessie van seksuele teistering aangeroer het. Sy het gesê Ncube, net soos talle ander slagoffers van seksuele teistering wat dapper genoeg was om oortreders se name bekend te maak, moes gereeld hoor dat mense haar nie glo nie, dat hulle die ervaring wou minimaliseer en dat hulle haar weergawe in twyfel getrek het en haar probeer ondermyn het.

“Ons neem met kommer kennis van die gebrek aan beslissende leierskap oor die voortgesette versuim van die universiteit om teen mnr. Shibambu Mhlava van UCECE op te tree, wat daarvan beskuldig word dat hy haar geteister het,” het Ntlokotse gesê.

“Die universiteit se bestuur het haar ignoreer toe sy die klag aangemeld het. Sy moes uiteindelik halfnaak by die Uniegebou betoog om lig te werp op haar probleme en die manier hoe die universiteit haar van haar menswaardigheid beroof het.”

Die universiteit se interne direktoraat oor werknemersbetrekkinge, het bevind daar is nie voldoende bewyse van haar klag nie, en daarom is ʼn eksterne regsfirma gevolglik aangestel. Unisa het onderneem om die uitslag van die assessering van hul ondersoek met alle belanghebbendes te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Schalk ·

Het maar julle plaas niks oor kuns kultuur soos betogongs is mos n nuwe kunsvorm in S afrika direkte uitvloeisel van effektieww vestuur van lands bates.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.