Numsa betoog oor werkskepping

Numsa-lede by Zoo Lake in Johannesburg. Foto: @WisaniMadibs / Twitter

Numsa-lede by Zoo Lake in Johannesburg. Foto: @WisaniMadibs / Twitter

Honderde lede van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het Woensdagoggend na Zoo Lake in Johannesburg opgeruk om oor werkskepping te betoog, veral werkloosheid onder die jeug.

Talle soortgelyke byeenkomste is vir Woensdag oor die land heen gereël en nagenoeg 50 000 lede van die vakbond gaan in sewe ekonomiese distrikte aan die betogings deelneem.

By Zoo Lake het lede, wat in die vakbond se kenmerkende rooi T-hemde geklee is, gesing: “Ulimenemene Jacob Zuma” [Jacob Zuma, jy is ʼn tweegesig]. Van die betogers het plakkate rondgeswaai wat sê: “Leefbare lone vir almal, nou” en “Vernietig valse oplossings”.

ʼn Paar van die betogers het T-hemde en rooi barette van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gedra.

Die skare gaan tot by die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) in Rosebank stap om ʼn memorandum te oorhandig.

Die polisie is op die toneel en hou die situasie dop. ʼn Beampte van Numsa het versoek dat die betogers gedissiplineerd sal optree en gesê die polisie is daar om hulle te beskerm. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.