Numsa eis Comair-hoof se kop

Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van Comair (Foto: Comair)

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), die meerderheidvakbond by Comair, sal Dinsdag na die maatskappy se kantoor opruk om die afdanking van die uitvoerende hoof, Glenn Orsmond, te eis.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van die vakbond, sê sy lede is keelvol dat Comair wins voor mense plaas. “Hul hebsug het nou daartoe gelei dat die Burgerlugvaartowerheid (BLO) die lugdiens se bedryfslisensie onbepaald opgeskort het weens kommer oor veiligheidskwessies. Glenn Orsmond se drastiese kostebesnoeiingsmaatreëls het beteken dat die arbeidsmag oorwerk en onderbetaal is. Die veiligheidstandaarde is in gevaar gestel.”

Hlubi-Majola sê indien Orsmond in sy amp bly, sal daar nie ʼn lugdiens oorbly om te verdedig nie. “Minstens 1 300 werkers sal hul werk verloor. Ons eis sy afdanking sodat die lugdiens ʼn kans het op oorlewing.”

Numsa eis dat die raad iemand sal aanstel wat ʼn duidelike strategie het om die lugdiens oor die langtermyn om te draai en wat beslissend kan ingryp om veiligheid te verbeter en seker te maak dat die BLO weer die lisensie herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

casper ·

Aag Numsa – Koop comair dan kan julle mos die base piek man !!

Blikkies ·

Dankie # Casper , stem volkome saam. Dat hulle die plek sommer dadelik koop en die bestuur oorneem, wed jou dit gaan nie lank wees voordat hulle totaal inmekaar tuimel en dan weer die verskoning gee hulle het die entiteit so geerf…..

Sean ·

Numsa stuur jou lede SAL toe daar vloei die geld Julle hou mos van chaos

Perdeby ·

As daar nie wins is nie kan hulle nie bestaan nie, somme het seker ook nooit vir jou sin gemaak nie. Dis hoekom alles plat val wat julle aan vat.

anko ·

Dit wil voorkom of dit gaan oor BEEE. Stel jou voor dat die instelling dan ook heel moontlik gaan tuimel soos baie ander instellings. Los vir Orsmond. BLO kyk na jul eie opset bv George voorval. NUMSA regeer cANCer want SAA moet in die lug bly met belasting geld?? Hoe kan daar wins wees NUMSA? Comair is/was onder sakeredding. Skrap rassisme uit die sisteem/woordeboeke. Laat mense met bevoegdheid en meriete aanstellings kry en hier praat ek van alle rasse, mans en vrouens. Hopelik sal dinge dan stadig weer aan die gang kom. Solank unies blykbaar ryk word uit hul lede wat nie regtig weet waarvoor hul betaal nie, sal RSA nie weer gou weer normaal wees nie.

Miskruier ·

Ek verstaan elke blanke man wat naby aftree ouderdom is, se stryd. Sommige tree jare vroeër af omdat hy teen n oormag idiote moet stry.

christo ·

Ek vlieg redelik gereeld met Kulula. Desember verlede jaar, was sekerlik die laaste. Die vliegtuig was amper ‘n uur laat. Die nuwe beleid dat jy ekstra moet betaal vir bagasie om dit in die vliegtuig se ruim te plaas en dan nié beheer op die grootte van handbagasie het chaos op die vliegtuig veroorsaak. Nee wat, gaan steek kers op by FlySafair.

JohanR ·

Moet lekker wees om ‘n vakbod te wees met biljoene in die bank, en om dan te kom hied en gebied! Verloor hulle enigeiets as Comair en BA nie vlieg nie?

Francois ·

Ag Numsa. Waar julle betrokke is het alles sl in die hek geduik. Patetiese redinasie.

pompies ·

Ek verstaan julle haat teen oor die vakbonde, maar daar was so 3 jaar terug al moeilikheid in die betsuur van BA in SA. Dit het daar tie gelei dat mense van die raad bedank het. BA het toe mense aangestel wat nooit in die lugvaart ge werk of ondervinding gehad het nie en gemaak en breek het soos hulle wou. So kyk eers na wat voorhen gebeur het voor julle net blameer en dinge kwyt raak wat nie waar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.