Numsa eis ook De Ruyter se kop

André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof. (Foto: ANA)

Die metaalvakbond Numsa het Dinsdag opnuut versoek dat André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, asook Jan Oberholzer, bedryfshoof, die trekpas moet kry.

Dít volg nadat die energiereus aangekondig het dat fase 4-beurtkrag vandeesweek weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit in werking sal tree. Dit is glo as gevolg van ʼn landwye kragonderbreking in Zambië.

Numsa is van mening dat De Ruyter en Oberholzer nooit opgewasse was om Eskom se beurtkragkrisis op te los nie en voortdurend daarin misluk om die kragnetwerk “te stabiliseer”.

“Eskom se leierskap het aan Suid-Afrikaners ʼn kat in ʼn sak verkoop. Hulle het onderneem om die beurtkragprobleem binne 18 maande op te los, maar het versuim.

“Al wat ons nodig het, is leierskap wat die ligte aan die brand hou,” het William Mabapa, Numsa se sekretaris-generaal in ʼn verklaring gesê.

Mabapa sê die kragsituasie in Suid-Afrika het nou “ʼn krisisvlak” bereik – een wat deur die regering as ʼn nasionale krisis verklaar moet word.

“Werkers verloor hul werk en inkomste. Klein- en mediumgrootte ondernemings ly terwyl sommige hul deure moet toemaak. Dít alles terwyl die ekonomie steeds van die impak van die Covid-19-pandemie probeer herstel.”

Volgens Numsa is Eskom se omkeerstrategie wat op die ontbondeling van die maatskappy en die wegdoen van bates toegespits is, nie voldoende om die beurtkragprobleem in die land op te los nie.

In nóg ʼn verklaring het Numsa versoek dat die twee dringend met “kundige en gekwalifiseerde bestuurders met ingenieurservaring” vervang moet word.

“Sulke talent bestaan wél en die regerende ANC en Eskom-direksie moet dringend in belang van die publiek optree en die paar [De Ruyter en Oberholzer] ter wille van ons land se ekonomiese herstel vervang.

“Onder leiding van Brian Molede en Matshela Koko kon ons beurtkrag aansienlik verminder, maar sedertdien het die situasie drasties vererger.”

Numsa het ook die DA se voorstel om Eskom verder te privatiseer verwerp en sê dat dit bloot elektrisiteitskoste sal verhoog en die las op die verbruiker swaarder sal maak.

Eskom hou Dinsdag om 16:00 ’n perskonferensie waartydens die media ingelig sal word oor huidige uitdagings met Eskom se stelsel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Werner ·

Hoe gouer hulle waai hoe gouer is dit klaarpraat met Eskom.Tyd dat die onvermydelikke nou gebeur.

Trotse Boervrou ·

Ja nee wragtig Werner, ek stem 100% saam met jou! Laat dit nou gebeur en klaarkry. Kom ons kyk wie kom die sterkste anderkant uit.

Gerrie ·

Numsa se “fans” hou baie meer dinge aan die brand as ligte.

Schalk ·

Numsa is ‘n groter oorsaak van werkloosheid in Suid Afrika as Eskom oor die algehele spektrum van bedrywe gesien

Di ·

Numsa moet hulle eerder bepaal met unie sake. “Skoenmaker hou jou by jou lees” Van wanneer af het unies enige seggenskap oor wat in Eskom aangaan en wie afbetaal moet word. Al wat Brian Molefe goed kon doen was om korrupsie te pleeg, verder NIKS. Hierdie hele storie gaan nou weer oor RAS niks anders nie.

Nico ·

Natuurlik sal hulle sy kop eis want hy vat hulle boeties vas.

Kaptein ·

Dit is so waar. Snaaks dat dit altyd die blanke ras is wat kamstig niks kan doen nie. Maar daar word vergeet wie eintlik die varke is wat dit vertraag.
Maar dit is soos een politieke joernalis nou die dag gesê het. As daar iets reg gedoen word in die ANC , Dan is dit soos hulle dit beplan het , maar as daar goeters verkeerd loop agv hulle gebrekkerige kennis en wil om die ekstra myl te loop , Dan word iemand anders geblameer. So NUMSA en BBC , gaan suig n deurknop.

Suzette ·

Sover ek weet moet hulle 27 jaar se wan bestuurder, korrupsie en sabotasie omkeer en oplos. Kan julle dink wat dit behels? Ek haal my hoed af vir de Ruyter en Oberholzer. Wonderwerke kan gebeur, die onmoontlike vat so bietjie langer. Gee die 2 mense n kans EN gee vir hulle nog n paar kundiges om hulle by te staan.

Pieter ·

Los die anc sirkus laat die land val en klaar kry als waar die anc kommuniste aan vat verander in gemors.

JohanR ·

Waar was NUMSA oor 27 jaar toe ANC kaders met Std4 Eskom op gemors het. Hoekom vra ons nie Israel om te kom kyk nie?

Blomme ·

Die ANC kaders het Eskom in die 1ste plek op die platform waar dit tans is… O ja nee.. net regstelling. Dis mos Apartheid se skuld dat Eskom bankrot is!!! Klomp Patete!

Harley Davidson ·

Wanneer die weskaap afstig van Suid-Afrika sal Andre du Ruyter genooi word as kandidaat om die energiebronne te bestuur.

Sobymykoolkop ·

Numsa en ander vakbonde moet met die people gaan praat dat hulle begin betaal vir verbruik, gaan probeer sommer eerste in soweto, dan probeer julle weer eskom.

Casper ·

O ja ek het vergeet,sy voorsangers het hulle sakke volgemaak.

Die Goodwoodianer ·

Ons het mos geweet dit gaan gebeur. Die skade wat berokken was deur Molefe en al die ander skelms se stropery het gekom tot ñ punt waar dit totaal onbeheerbaar is. Bo en behalwe dit alles is sabotasie ñ groot en vuil, vuil spel.

Petrus Albertus ·

Die bestuur beskuldig die werkers en die werkers die bestuur maar niemand aanvaar aanspreeklikheid nie…allermins die regering if die minister. Verder is niemand verwikkeld in ‘n verhoor wat tot tronkstraf kan lei nie, die grootste bedrogspul in die geskiedenis van die land en niemand gaan daarvoor pa-staan nie.

KB ·

Niemand se kop hoef te rol nie…wees net reguit en regverdig teenoor Suid-Afrikaanse belastingbetalers, en sny Zambië se krag. Ons kan nie vir Zambië ook nog borg staan nie! Dit gaan sleg genoeg met SA se ekonomie. Luister bietjie na Cornelis Schabort en Mike Shussler vir ‘n slag, en nie na Ramaphosa se gekerm nie!

Frikkels ·

Ja! En onder die wakende oog van brian molefe het die grootste korrupsie wanbesteding en diefstal in menseheugenis plaasgevind.
Numsa is beslis so tien varkies kwyt.
Wat van die sindikaatbedrywighede met honderde miljoene rande se brandolie wat de Ruyter nou besig is om oop te vlek? Ek dink hy het ñ paar kaders se liddorings raakgetrap!

David ·

…en hoe moet een man dit doen?

As ons hom ‘n kans gun om op te
vang met die instandhouding, wat afgeskeep is gedurende die ligte aanhou dae, sal dit bietjie beter gaan.

Dis net jammer dat baie van die kragstasies op aftrede staan.

Pablo ·

Dis hoe die pad na kommunisme lyk. Alles moet inmekaar stort vir die ANC om n diktatorskap te verklaar.

N ·

Glo nie hy doen iets verkeerd nie, maar sy velkleur is ongelukkig verkeerd

Esme ·

Numsa, volgens julle, wie is die aangewese persoon om aan die hoof van Eskom te staan? Ek kan waaragtag aan niemand dink nie, maar is altyd oop vir voorstelle. Hoekom dink ek dat Numsa, ‘n vakbond is of het hulle nou besluit om maatskappye te bestuur? Miskien moet Numsa begin om weer treine op spore te sit – besluit wie die hoof daarvan is, sodat ek julle oor ‘n jaar kan kritiseer.

Owlie ·

De Ruyter het n korrupsie belaaide sinking ship ge erf en moet met n handtjie vol werlike hardwerkende personeel daardie skip laat dryf N Goeie begin vir die vuis dlaende regeringvsal wees om van alle units wat die opstokers van alle gemors in SA is ontsla te raak en tweedens vur die twee manne met die roeispane De Ruyter en Oberholzer n stille interne ondersoek na korupsie en vandalisme te begin en van diegene ontska te raak, 3dens om van al die onwettige self aangelegde krag n baie areas ontsla te raak en hulle sal n wenspan wees

My siening ·

Dit is net omdat hy wit is en die wil het om die dooie perd lewendig te hou so dat die unie wat die groot sondebokke is weer geld verniet kan kry! Dissipline was nog nooit n unie se beginsel nie!

Frank John ·

Nee, wat julle moet doen is om die honger/skelm mense kry om op te hou om Eskom te saboteur en Mr. De Ruyter by te staan en te help herstel wat deur ander op gevoeter is.

Janee ·

Maar niemand praat van die staatskaping, korrupsie en bedrog en algemene, daaglikse diefstal….dan dink ons nie eers aan die regstellende aksie wat aan baie van bovermelde aanleiding gegee het nie…..Too little too late…ek kan nie sien dat herstel van eskom enigsins sal of kan plaasvind.

Androclus ·

Numsa soek ‘n kader daar ,sodat ons weer terug kan gaan na vetlampies,nie gewoond aan elektrisiteit.

Rupert Ashford ·

Is deel van die beurtkrag dan nie dat NUMSA staak of dat ‘n staking op hande is nie? So die ouens wat die “ligte af” veroorsaak wil dan die bestuur verkwalik oor die ligte af is?

Carel Johannes ·

Numsa jy ondersteun die ANC en is dus 100% deel van die probleem en moet dus ook verantwoordelikheid aanvaar vir die gemors wat julle veroorsaak het.

Vicky ·

Raak ontslae van die hele “bestuur” spil. De Ruiter is ook net so useless soos sy voorgangers.

SjN ·

Vicky, 28 jaar se verval kan nie in n jaar se tyd herstel word nie, gee die man n kans.

Charl ·

Nou as numsa dan so bevoeg is laat hulle die gemors opruim, maklik om iemand agter die deur te soek as jy self daar staan.

Mariana ·

NUMSA moet net liewer stilbly, maar ja as hulle twee moet weg, dan kan die wat voorheen daar was terug en sommer vinnig dit was oor is van Eskom vinnig tot niet maak, dan kan die hele land mos maar tot niet gaan. Dit is mos wat hulle wil hê. Niks.

Nico ·

Eskom kan gerus kyk na die mense wat prepaid meters het en krag koop, Eskom moet ook kyk na Soweto wat vanaf 1994 nog nooit betaal het vir elekrisieteit, Mnre. De Ruyter en Oberholzer moenie nou kom met verskonings nie, dit Eskom se skuld dat ons nou in die moeilikheid is dan word daar nog beweer dit is die apartheid se skuld. Eskom waar is julle geskoolde ambagsmanne, almal is mos op pensioen geplaas nou het die ongeskoolde ambagsmanne oor gevat en wat van al die bedrog en korrupsie en waarom voer julle die hoë gehalte steenkool uit. Eskom kom kry jou feite reg. Ek sê weer kyk na die mense wat krag koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.