Numsa en Sacca gaan staak by SAL

(Argieffoto)

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het ʼn 48 uur-kennisgewing van ʼn staking op SAL bedien.

Numsa en Sacca het Woensdag gesê hulle sal Vrydag begin staak.

Zazi Sibanyoni-Mugambi, president van Sacca, het gesê werkers eis ʼn algemene salarisverhoging van 8%, werksekuriteit van minstens drie jaar en inkontraktering van alle dienste wat uitgekontrakteer is.

“Vlieëniers het ʼn verhoging van 5,9% ontvang en die SAL het ingestem om hulle te betaal. Ons lede eis eenvoudig ook hul eie verhoging. Hulle verdien baie minder as vlieëniers, en daarom eis hulle 8%,” het Sibanyoni-Mugambi bygevoeg.

Volgens hom het die bestuur van die lugdiens in reaksie op die eise, sy voornemens bekend gemaak om die lugdiens te herstruktureer en die vakbonde in kennis gestel van afleggings. “Hulle voer aan dat hulle nie aan ons eise kan voldoen nie omdat daar nie genoeg geld is nie en dat die aflegging van 994 werknemers die lugdiens meer as R700 miljoen sal spaar en dus sal verseker dat die lugdiens kan oorleef.”

Sibanyoni-Mugambi sê hulle verwerp egter die SAL se verduidelikings. “Die raad van die SAL en die uitvoerende bestuur is verantwoordelik vir die huidige krisis by die lugdiens. Deur hul optrede het hulle doelbewus een van die wêreld se beste lugdienste verwoes deur wanadministrasie, plundery en korrupsie.”

Duisende werkers, waaronder personeellede van die SAL-kajuitbemanning, instapdiens, kaartjieverkope, hoofkantoor, tegniese personeel en grondpersoneel sal na verwagting Vrydag begin staak.

Maroela Media het vroeër berig Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof van die SAL, het gesê enige onderbreking van die lugredery se operasionele bedrywighede, bring die toekoms van die lugredery in gedrang asook die SAL se vermoë om sy strategie uit te voer. Volgens Fredericks hou dit ook ʼn bedreiging in vir elke werk by die SAL en verwante bedrywe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Karolis ·

Staak maak besighede toe. Staak nou en kry die SAL toe. Ons het nie SAL nodig nie.
Daar is goedkoper rederye.

Johann cb ·

Staak gerus! SAL kan dan sy deure sluit! Die belastingpligtige verwelkom die skuif!

Bert ·

Daar is omtrend 30% werkloosheid in SA.
Julle werk vir ‘n bankrot besigheid wat al vir 15 jaar met belasting geld aan die gang gehou word, daar is 20% teveel werkers.
Nou het die vakbonde julle opgehits om te staak vir ‘n 8% verhoging en 3 jaar werksekerheid.
Kan julle werklik so dom wees?
Wees eerder dankbaar dat julle (nog) nie by die 30% werkloses behoord nie, en die belastinggeld nog steeds verskaf word.

Johnny ·

Hulle verdien minder as die vlieeniers vader laat die berge op my val as ek dom is @%?2_+

Ida Kriel ·

Johnny ek sê ook berge val op my. Waar in die lewe kan jy n opgeleide vlieenier vergelyk met kajuit of vloer personeel!!!! Verstaan hul die stres en verantwoordelikheid die vlieenier het en dat hy geleer en baie ure gevlieg het om te kom waar hy/sy is. Hierdie mense redeneer soos dom idiote. Besef hul nie ook dat SAL bankrop is nie. Ek stem. Laat hul staak en laat SAL daai deure toe maak. Richard Branson moet inkom, die hele spul uitgooi, sy eie aanstellings doen en dan sal SAL n kans staan om weer sukses vol te wees.

Chris Ws ·

Die stakers gaan aan die kortste ent trek dis gewaarborg maar hulle is te onnosel om somme te kan maak!Die regering het nou die gulde geleendheid om SAL te sluit (niemand sal ‘n bankrot redery wat deur vakbnde beheer word koop nie) en NET die lughawe te bedryf.Ons land het die SAL NIE nodig nie.

Ore ·

As die kasregister leeg is ,is dit leeg.Watter deel van somme verstaan vakbonde nie? Dudu en JZ het SAL geplunder,toe was almal gelukkig.Hulle het steeds vir ANC gestem,en nou soek hulle hulle pond vleis terug.Kyk hoe lekker “demand” die dame op TV nuusprogram,sommer so.

Pieter ·

Wonderlik! Ek hoop julle staak en help SAA om van die toneel te verdwyn. Hoop net die stakendes is die eerstes om te gaan. SAA is nie lewensvatbaar soos dit nou lyk nie, so as julle staak kan hulle ‘n vinnige dood sterf sonder nóg belastingbetalersgeld om hulle te probeer red!
Jammer vir die onskuldige personeel wat ook geraak word, maar só kan ons ook nie aangaan nie!

AV ·

Uitgevrete kaders wat diknek en oorbetaald rondstap en eise rondslinger op bevel van vakbonde. Laat hulle staak tot SAL sy deure vir goed sluit….

Dalk is dié domino die eerste van die mishandelde staatskinnertjies wat gaan val dat hy hik.

Johan ·

Regering sal nooit SAL toemaak nie. Hul maak teveel geld uit SAl . Waar gaan al die geld heen en hoekom kan hul nie hul boeke wys nie.

SjN ·

Terwyl hul staak maak sommer die deure permanent toe, hul hoef nie verwyder te word nie, n cleaner ag hom op dieselfde posvlak as n Pilot, red so n nasie.

Yankee ·

Julle verdien minder as die boet wat vlieg, want julle is nie die boet nie!! Get a life!!

Johanna Botha ·

Ag staak nou en kry klaar ….as dit dan moet brand die saa en kry dit agter die rug …..SO MOEG VIR AL DIE SAA ESKOM SABC wat belasting so opvreet wat eintlik werk moet skep wat mense ophef ! ALLES N ANC FLOP ! !

Spoor ·

Patetiese denkwyse, maar kan mens meer verwag. Net ń idioot dink so

skurweberg ·

Hierdie staking is maar net deel van die groter prentjie wat besig is om in SA te ontvou. Die enigste wat dit raaksien is diegene wat nie aan die staking gaan deelneem nie. Optrede soos hierdie gaan die SAL finaal vernietig. Geen reddingsboei meer van die belastingbetalers se geld nie.

So kan ‘n mens aangaan om elke mislukking wat reeds plaasgevind het te evalueer. Stakings van Tshwane munisipale werkers wat aangekondig het dat hulle staak vir 500 miljoen rand se Kersfeesbonusse wat hulle wil he. Die gulsigheid en sug na geld en goed bly die wortel van die probleem. Die voorbeeld word gestel deur mense wat jy dit nie van verwag nie. Dit weet ons almal wat nie hierdie dimoniese eienskappe besit nie. Voltooi maar die lysie self.

Weet ons presies waarheen hierdie droogte in ons land ons gaan neem? Is ons naif genoeg om te glo dat die lyding van mens en dier agv die droogte alleen aan aardverwarrming toegeskryf kan word? Ek glo nie, dit word al hoe duideliker dat daar ‘n veel dieper oorsaak gesoek moet word.

QUE VADIS “waarheen is ons oppad” Dit weet is diegene wat die Woord van God lees en bestudeer en glo, hulle wat nog aan die gesag van die Bybel glo.

Realis Thailand ·

Ek vlieg al die afgelope 18 jaar niemeer met saa nie want die diens is pateties en die vliegtuie oud.
Die klomp is te dom om die verskil tussen n vlieenier en n skoonmaker te sien en ook is die IK te laag
Hoop hule raak ontslae van saa.Daar is wereldwyd n tekort aan vlieeniers en die goeie vlieeniers sal nie n probleem he wom werk te kry nie.Hier in die Ooste soek hulle in die volgende 20 jaar 450 duisend vlieeniers.
Wie wil eintlik werk vir die anc grootkoppe om hulle rond te vlieg..Van eens as een van die beste lugdienste ter wereld tot n bespotting tragies

Barries ·

Ek dink NUMSA is meer bekommerd oor die verlies aan lede en hulle maandelike lidmaatskap fooie as oor die welstand van SAL.

Attie. ·

Hierdie SAl melkkoei sal die regering nooit ooit vrywillig slag nie. Die belastingbetalers voer haar van voor en die skelms melk haar van agter. Vlieeniers, staak asb vir ‘n paar maande, ons wil die melkkoei geslag sien, sy moet biltong van gemaak word. Dan kan die poskantoor ook maar geslag word, sys nou lekker vet en waardeloos. Indien SA nie nou rommelstatus haal nie is dit omdat iemand vir Moodys omkoop. Wat van die Munisipaliteite, privatiseer hulle. Ons goud is op, ons staalbedryf is op sy kniee, Denel is daarmee heen en die deuntjie ooe evkom is al afgesaag, ons kan hom nie slag nie want dis die bul van die kudde…maar hy vreet darem baie. Hiep hiep hoera Suid Afrika !!!

Arno ·

Wys jou net, staak sal hul staak al vou SAL. Te min verstand om somme te maak. Cleaners gaan bestuur jy die vliegtuig dan kan ons sien wie kan somme maak. Moeg daarvan om te hoor hoeveel geld hul al vermors het in alle departemente.

Ig ·

Ou Richard Branson moet sy kop laat lees voor hy sy kop in n by nes steek. As hy oorvat sal hy die los vet moet afsny wat natuurlik op n staking sal uitloop want meer as die helfte is totaal oorbodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.