Numsa finaal uit Cosatu geskop

numsaDie besluit om Numsa uit Cosatu te skop, is Donderdag tydens die vakbondfederasie se kongres in Midrand bekragtig.

Afgevaardigdes het oor die skorsing gestem nadat die vakbond Fawu beswaar aangeteken het teen die aanvaarding daarvan. Fawu het versoek dat Numsa weer deel van Cosatu word. Tydens die stemming het 904 afgevaardigdes ten gunste van die skorsing gestem, terwyl 67 daarteen was.

Numsa is in November verlede jaar uit Cosatu geskors nadat die vakbond tydens sy spesiale nasionale kongres besluit het om die nie ANC of enige ander politieke party in die verkiesing te steun nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Kan ‘n mens dit as verdeeldheid skou in die vyande se kamp? Hoop maar die krake word groter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.