Numsa gaan dalk by Eskom staak

Argieffoto

Argieffoto

Numsa beplan volgende week stakings by Eskom-aanlegte oor loonverhogings, het die vakbond Donderdag gesê.

“Maak nie saak wat gebeur nie, die nasionale uitvoerende komitee van die National Union of Mineworkers of SA het besluit dat alle lede volgende week Dinsdag aan ʼn betoging sal deelneem,” het Karl Cloete, adjunk uitvoerende hoof van Numsa, gesê.

Die vakbond eis ʼn algemene eenjaar-ooreenkoms van 12% met ʼn behuisingstoelaag van R1 000. Ander eise sluit ʼn aansporingsbonus van 16% en ʼn bystandstoelaag van R100 in.

Eskom het glo 5.6% aangebied, maar wou dit nie bevestig nie. “Alle salarisonderhandelings is vertroulik tussen die maatskappy en die vakbonde,” het Eskom Donderdag gesê. Die maatskappy wou dus nie besonderhede van die onderhandelings aan die media bekend maak nie.

Volgens Eskom is die kwessie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.

Cloete sê Numsa sal nie afsien van die stakings nie, ondanks dreigemente van massa-afdankings indien Eskom-lede met ʼn onbeskermde staking begin. “Eskom is nie bereid om die feit te erken dat nie almal wat by Eskom werk, as ʼn noodsaaklike dienswerker beskou word nie,” het hy gesê. Aangesien Eskom ʼn noodsaaklike diensleweraar is, mag werknemers nie staak nie.

Eskom het reeds al ʼn aantal kragnoodtoestande afgekondig en beurtkrag is reeds vroeër vandeesmaand toegepas weens druk op die kragnetwerk. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johanna ·

waarom is dit dat daar 1 maand ligte gelees word en die vlg 2 maande word ons ligte geskat en sommer dubbel geskat wat word van daai extra geld trek hul rente daarop want ons kry dit nie terug nie ons is pensionarisse ons ligte is += R700 per maand en hulle het 2 maande geskat teen R1,200 EN R1300 waar is daai extra wat ons moet betaal kan jul ons inlig asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.