Numsa gee ongeveer R62 miljoen vir alliansie

Cosatu, ANC en SAKP

Cosatu, ANC en SAKP

Die vennote van die drieparty-alliansie, Cosatu, die ANC en die SAKP, het nagenoeg R62 miljoen van die vakbond Numsa ontvang, het die Sunday Independent berig.

“Ons het ʼn berekening gedoen van Numsa se finansiële verslag vir die massademokratiese-bewegingstrukture, SAKP en ANC tussen 2003 en 2013,” het Karl Cloete, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of SA, gesê. “Dit beloop R61 970 500.”

Die koerant berig dat Cosatu nagenoeg R54 miljoen in die betrokke periode ontvang het. Die ANC het R4 miljoen ontvang en SAKP meer as R1.8 miljoen. Daar is ook R1.7 miljoen aan Cosatu se politieke fonds bygedra.

Numsa, Cosatu se grootste filiaal, het verlede jaar by sy spesiale kongres besluit om nie die ANC in die algemene verkiesing op 7 Mei 2014 te ondersteun nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Vakbobonde het te veel geld of hulle weet nie wat om met hulle lede se geld te doen nie, dis die rede hoekom mense soos Zwelinzima Vavi aan sy pos klou en dis die rede hoekom die regering ook nie hul weg oopsien om ‘n stokkie voor te steek in geweldadige stakings nie want die vakbonde dra mildelik by tot hul koffers, politiek het verhewe geraak bo die belange van vakbondlede, dink daaraan hoe vakbonde hul lede kan bemagtig met soveel geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.