Numsa hof toe om Cosatu-vergadering te keer

Irvin Jim. Foto: Sapa

Irvin Jim. Foto: Sapa

Numsa het ʼn dringende aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om ʼn interdik te kry om Cosatu se vergadering van sy sentrale uitvoerende komitee Vrydag te verhoed.

“Die aansoek is verlede Vrydag ingedien, maar ons kon dit nie bekend maak voor hulle ontvangs erken het nie,” het Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, Dinsdag aan Sapa gesê. Volgens Jim het Cosatu Maandag die dokumente ontvang.

“Die uiteinde van die saak is dat Numsa nie ʼn regverdige verhoor in die sentrale uitvoerende komitee se vergadering sal kry nie. Ons het te doen met individue wat reeds aan hulself gesê het Numsa moet geskors word,” het hy bygevoeg. Volgens hom is dit Maandag al tydens ʼn Nehawu-mediakonferensie duidelik gemaak toe hulle aangekondig het dat Numsa van Cosatu verwyder moet word.

Numsa het verlede week aangekondig dat hy gaan wegbreek van die ANC en sy eie politieke party gaan stig.

Klik hier om vorige berigte oor Numsa te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

moegoe ·

What is wrong between the 2 GIANTS, COSATU / NUMSA wat as noodwiele vir die ANC dien moet wegbreek van die ANCriminals en hulle eie politieke partye stig-dan sal ons weet waar dawid die wortels begrawe het.

Henk ·

ONGELOOFLIK! Politiek word nou in ons howe baklei. Kriminele gebruik ons howe om uit die hof te bly en hulle kriminele aktiwiteite sodoende onder die naam van die wet en die hof te verdoesel. Wat is volgende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.