Numsa-lede gaan by Eskom betoog; dreig met staking

Argieffoto

Argieffoto

Eskom-werkers wat aan die vakbond Numsa behoort, beplan om Woensdag buite Megawatt Park in Sunninghill, Johannesburg, te betoog.

Die werkers eis ʼn algemene salarisverhoging van 12%. Numsa eis ook ʼn behuisingsubsidie van R1 000 en ʼn bystandstoelaag van R100.

Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het Dinsdag gesê die maatskappy het ʼn interdik van die arbeidshof bekom wat die werkers verhoed om te staak.

Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa, het egter gesê die interdik sal hulle nie verhoed om te staak nie. “Eskom se interdik bedreig ons nie en die maatskappy moet nie geld en energie op interdikte mors nie,” het Ngobese gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.