Numsa-lede staak by Fortune Steel

Betoging by Fortune Steel (September 2018) (Foto verskaf deur Numsa)

Die vakbond Numsa het Vrydag gesê sy lede by Fortune Steel in Nigel, Ekurhuleni, het begin staak nadat gesprekke oor salarisse en werkstoestande vasgeval het.

Fortune Steel is deel van Fortune Group, ʼn staalmaatskappy in Indië.

Sewe werkers is in April vanjaar beseer toe ʼn smeltkroes tydens die nagskof ontplof het, minder as 24 uur ná die vakbond teen die maatskappy betoog het.

Numsa beskuldig die maatskappy daarvan dat hulle basiese gesondheid- en veiligheidswette oortree. Die vakbond voer ook aan die maatskappy ignoreer arbeidswetgewing.

Jacob Xilongo, streeksekretaris vir Numsa in Ekurhuleni, het bevestig dat daar intussen verbetering was in veiligheidstandaarde ná die betogings. “Op sleutelkwessies, soos salarisverhogings en voordele aan lede is hulle egter steeds besig om ons lede uit te buit en te mishandel. Werkers het nie toegang tot water en toilette tydens hul wettige staking nie,” het Xilongo in ʼn verklaring gesê.

Werkers eis ʼn loon van R50 per uur en verwerp die huidige “armsalige loon” van R20 per uur, 40-uur werkweek en 70% bydrae tot ʼn mediese fonds. “Ons lede het tans nie enige mediese dekking nie. Hulle werk soos slawe, met daaglikse skofte van 12 uur per dag en hulle word nie daarvoor vergoed nie.”

Hy het gesê die maatskappy weier om met die vakbond te onderhandel oor eise en het bloot die aanbod op die tafel verwerp. “Ons lede weier om terug te staan. Ons sal staak totdat daar aan ons eise voldoen word.”

Fortune Steel was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom staak hulle??. Die myn behoort dan aan Indië. Het sekere van ons gewese top persone nie dalk ook ‘n aandeel of twee in die fabriek????

Peens ·

Die regeering wil mos besigheid met indie doen , nou kry hulle n voor smakie van hoe werk jy vir buite landers , maar wag met die cheneese gaan dit nog erger gaan as dit .

Eugene ·

“Hier is ook seker rassistiese ondertone “ Arme werkers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.