Numsa nie ʼn politieke party

Irvin Jim, uitvoerende hoof van Numsa Foto: marxist.com

Irvin Jim, uitvoerende hoof van Numsa Foto: marxist.com

Hoofsekretaris Irvin Jim het gesê die vakbond Numsa sal nie ʼn politieke party word nie.

“Numsa is en bly ʼn vakbond, geïnspireer deur Marxisme Leninisme,” het Jim aan afgevaardigdes by die Verenigde Front-vergadering in Kempton Park aan die Oos-Rand gesê.

Hy het gesê Numsa speel ʼn leidende rol in die oprigting van die Verenigde Front, wat verlede jaar op die been gebring is om die stelsel van private hebsug teen te staan, te bestry en af te breek. “Daarom het ons julle almal genooi om deel te wees van hierdie belangrike vergadering om hierdie belangrike reis wat ons saam onderneem, te vorm.”

Jim het bygevoeg die werkersklas is nie die politieke eiendom van die ANC of die SA Kommunisteparty (SAKP) nie. “Hul werkersklasteenwoordigheid in die ANC en SAKP is gebaseer op die feit dat hierdie organisasies die belange van die werkersklas kan beskerm en bevorder.” Hy het gesê nie een van die organisasies bevorder egter die werkersklas of sosialisme nie.

“Die droom van ʼn post-1994 Suid-Afrika waar alle mense in gelykheid gaan leef, is dood,” het Jim bygevoeg. “Ons oproep tot ʼn verenigde front van die werkersklas en ʼn beweging vir sosialisme is die verdediging van die nasionale demokratiese program, die Freedom Charter, wat die enigste program bly wat die basis vir ʼn sosialistiese transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing kan lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Ag word asseblief een, net om die klomp meer deur mekaar te maak…..een van die dae gaan eff en anc aan mekaar spring!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.