Numsa: ‘Nie-rassigheid werk nie vir SA nie’

Foto: @castrongobese/Twitter

Foto: @castrongobese/Twitter

Irvin Jim, die hoofsekretaris van Numsa, sê die idee van nie-rassigheid werk nie vir Suid-Afrika nie.

Jim sê die grootste deel van diegene wat steeds onder armoede gebuk gaan is swart. “Daar is nie eers witmense hier nie,” het Jim Woensdag aan ondersteuners gesê wat aan ʼn optog in Johannesburg deelgeneem het. ʼn Handjievol witmense het wel aan die optog deelgeneem. Volgens Jim is daar ʼn wit monopolie op die land se hulpbronne. Hy het president Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, gekritiseer. “Hulle rol is om die wiele van geskiedenis terug te hou. Hulle weier om die land se natuurlike hulpbronne te nasionaliseer.”

Numsa het ʼn memorandum van verstandhouding aan die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) oorhandig. Die optog het grotendeels op werkloosheid onder die jeug gefokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.