Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Woensdag gesê hy sal Donderdag na die konstitusionele hof gaan om die regte van tydelike en kontrakwerkers te beskerm wat deur arbeidsmakelaars mishandel word.
Die vakbond het gesê sy lede, onder leiding van algemene sekretaris Irvin Jim, sal buite die hof betoog terwyl die hof argumente aanhoor oor hoe om die nuwe bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat met arbeidsmakelaars verband hou, te interpreteer.
Assign Services, arbeidsmakelaarsmaatskappy, het die saak na die hof gebring.
Vakbonde beskuldig arbeidsmakelaars daarvan dat hulle werkers, wat nie enige werksekuriteit het nie, uitbuit. Die werkers word minder as permanente werkers betaal en het dikwels nie enige beskerming teen onregverdige afdanking nie.
Die vakbonde en arbeidsmakelaars verskil oor hoe om ʼn nuwe bepaling te interpreteer oor wie, tussen arbeidsmakelaars en kliëntmaatskappye, effektief die werkgewer is van tydelike werkers wat vir langer as drie maande aangestel word.
Numsa het gesê hy verwerp die makelaars se bewering dat die tydelike werker effektief ná die drie maande in diens staan van die makelaarsfirma en die kliëntmaatskappy.
Werk daai betogers nie. As jy nie werk nie kan jy nie eet nie.
Ek merk wilde gesigte.
Geen kalmte nie.