Numsa sê Mercedes Benz voldoen nie aan ooreenkoms nie

Argieffoto

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Dinsdag Mercedes Benz Suid-Afrika (MBSA) daarvan beskuldig dat hy nie voldoen aan die ooreenkoms om kontrakwerkers binne 12 maande permanent aan te stel nie.

“MBSA het verlede Vrydag aan 19 kontrakwerkers gesê hulle kontrakte verstryk môre, 4 Julie. Dié groep werkers is al in die elfde maand van hul kontrak,” het die vakbond gesê. “MBSA kanselleer nou hul kontrakte, teenstrydig met die ooreenkoms wat ons met die aanleg aangegaan het. Die bestuur van die aanleg het aangebied om die kontrakte met slegs drie maande te verleng, maar weier steeds om hulle permanente poste daarna te waarborg.”

Numsa het gesê die maatskappy het ook werksure verminder, en afleggings is aan die orde van die dag terwyl die aanleg opgegradeer word.

Die vakbond meen dit is teenstrydig met die maatskappy se bewering verlede week dat sy belegging van R10 miljard in die Suid-Afrikaanse ekonomie sal 800 direkte poste skep.

“Dit lyk of hulle vir die media gejok het, want hulle gaan môre dosyne kontrakteursposte sny, terwyl hulle ook werksure verminder. As hierdie werkers afgedank word, dan is bewerings dat MBSA bydra tot werkskepping en die groei van die plaaslike ekonomie, vals. MBSA het ondraaglike ellende vir werkers veroorsaak deur lone te verminder en sekere funksies uit te kontrakteer. Numsa sal aanhou baklei vir dié werkers. Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat MBSA aan die bepalings van die ooreenkoms voldoen en die werkers permanent aanstel.”

Die maatskappy was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HPV ·

Motorvervaardigers steun al meer op robotte en minder op stakende en oproerige werkers.

Robot ·

Ja die robotte kom in volle glorie om entitled werkers te verplaas.

IK ·

Ek sal nie eers wasgoedpennetjies probeer maak in hierdie land wat nog van miljarde spandeer aan motorvervaardiging.
As hierdie nie die waarskuwing is dan weet ek nie.

John ·

Afrika order. Almal moet luister as Afrika praat. Die aarde skuld Afrika al die pad. Wie gaan Afrika vang as hy oor die krans stort? … Wie? Ek hoor nie … Se weer!

Nel ·

Ja nee hier begin dit – Mercedes gaan nog die dag berou toe hy geval het vir Ramaphosa se beloftes.

tamboti ·

Haai nooit dit kan nie wees nie. Ek dog hulle het soveel vertroue in SA ekonomie!

Jannie ·

Mercedes moet onttrek en nie probeer onderhandel nie want tyd het al geleer jy kan nie met vakbonde onderhandel nie hulle wil net hê anders rig hulle skade aan.

Basjan ·

What happens when the elephant sits on the Mercedes? The Mercedes Benz.

JM ·

Afrika dink hulle kan aan die wereld voorskryf maar kan nie eers hulle eie gemors uitsorteer nie.. Daai werkers kan bly wees hulle het ‘n werk gehad.

Emma ·

Die arbeidswette maak dat meer mense sonder werk sit. Die vakbonde maak dit ondraagbaar in S.A. bele in ander lande hier wil hul nie werk nie.

Leon ·

Vakbonde, ANC en politiek het ons land opgeneuk tot waar ons nou is, brand alles af as hulle nie hulle sin kry nie, dit lyk meer asof hulle bang is vir vooruitgang, want tegnologie is te gevorderd om te verstaan, en die wat dit verstaan, het reeds aanbeweeg buiteland toe.

GM ·

Bahaha, Merc het seker versekering? Hoekom gaan hul omgee? As hul 800 poste gaan vul, gaan die ongelukkiges wie se aansoeke onsuksesvol was, ook afbrand. Stel maar eerder robotjies aan, hulle sal nie vir ‘n onbepaalde tyd staak nie en ook nie meer en meer ‘demand’ nie. En as Merc werkers binne 12 maande moet vas aanstel, verbreek hul mos nie die ooreenkoms as hulle die werkers na 11 maande laat loop nie? Dis seker bietjie gemeen, maar wie wil met permanente werkers sit wat net elke jaar meer en meer gaan wil ‘demand’? As party vakbonde minder inmeng oral, sal meer mense werk hê.

JWC ·

Met die buitensporige aanwas in sommige groepe, kan nie veel volhoubaar wees nie. Dit is bloot eenvoudige kinderlike logika dat ‘n land net soveel kos, water, ruimte en werk het…en as dit nog konstant geplunder en verwoes word, is die toekoms nie juis blink nie. Miskien heg CR nie juis veel waarde aan die (Weste se) Mercedes nie – China sit en wag mos geruime tyd om die komrade se hart bly te maak.

Ben ·

Miskien moet al die Politici hulle duur Merc’s teruggee uit protes

Toetie ·

Niks snaaks dat hulle mense gaan aflê en werksure verminder nie. Die motorhandel het ‘n baie groot en diep “dip” gevat. Werk self vir ‘n handelaar en ons was gewoont om 80 nuwe voertuie pm by die tak te verkoop, en nou sukkel ons om 15 te verkoop. Die aanvraag vir nuwe voertuie en veral luukse voertuie sukkel om kop bo water te hou.

Mrs H ·

Kom nou Merc, onttrek asb uit die land?! Ek sal ook maar lang trane huil, maar dit sal so die moeite werd wees om dan te sien wat die vakbonde se…. Seker net “eish”. Die manne verstaan nie “pedictive thinking ” en demokratiese wette nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.