Numsa skop teen verdeling by Eskom

numsaDie National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Vrydag gesê pres. Cyril Ramaphosa se planne om Eskom in drie entiteite te verdeel, is ʼn oorlogsverklaring teen die werkersklas.

Ramaphosa het Donderdagaand in sy staatsrede gesê Eskom sal in drie eenhede naamlik opwekking, transmissie en verspreiding verdeel word as deel van ʼn nuwe sakemodel. Numsa skop egter teen hierdie besluit aangesien die vakbond meen dit is bevestiging van sy vrese dat die regering Eskom gaan privatiseer.

Volgens Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, is voorlopige planne om Eskom op te breek en “nie-kernbates” van staatsondernemings te verkoop “niks meer as privatisering deur die agterdeur nie”.

“Slegs ʼn Eskom wat heeltemal deur die staat besit en beheer word, is ʼn waarborg van goedkoop elektrisiteit,” het Jim gesê. “Die geskiedenis het bewys dat sodra die private sektor toegelaat word om in te tree, prysverhogings en die aflegging van werkers onvermydelik is.”

Hoewel Numsa Ramaphosa se planne wil teenstaan, erken die vakbond wel dat Eskom in ʼn krisis verkeer en ʼn beduidende risiko vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou.

Ramaphosa het in sy staatsrede gesê Eskom sal meer inkomste deur middel van ʼn bekostigbare tariefverhoging benodig.

“Dit is duidelik dat die werkersklas meer gaan ly omdat die president ʼn tariefverhoging by Eskom aanvra,” het Jim gesê.

Jim het gesê Numsa sal alle gemeenskappe mobiliseer om die unie se siening te steun.

“Die strydlyne is getrek. Die staat het amptelik oorlog verklaar teen die werkersklas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hein ·

Dit is agv jul lede wat so staak en alles opneuk dat dit nou gebeur. Unies het hulself deur die voet geskiet

Judge Dredd ·

Irvin Jim moet moet eerder sy lede vra om hul elektrisiteit rekeninge te betaal, dan hoef die res van ons nie so baie te betaal.

Anoniem ·

Unies wat altyd net hul wil he. Strike na strike. Besighede beskadig, onskuldige mense word aangerand party word vir dood agtergelaat. Privaat voertuie word beskadig, werkers word geintimideer. Noem als wat sleg is en dit is in n unie. Unies wat so optree is niks anders as terroriste organisasies en dit moet uitgeroei word. Hulle vat die werkers se geld dan moedig hulle die werkers aan om te staak en daai mense staan heeldag in die son en kry nie kos of water nie maar hulle staan in die hoop om iets te bereik deur die valshoop wat die unie hulle gee. Volgens my eet unies net jou geld en hulle veroorsaak werkloosheid.

Elizabeth ·

Lank al tyd dat dit gebeur. Miskien is die unies bang vir verdeling want hulle weet hulle sal moet opdok en betaal, dankie CR voer dit asb tog net uit.

Arno ·

Offcourse sal hulle dit teenstaan, hoe gaan hulle al die kickbacks wat Eskom almal betaal kry as hulle gratis “bank” nou verdeel word.

Cobus ·

Een oomblik is Eskom soos hy nou is n waarborg vir goedkoop elektriseteit en die volgende tjank hy oor prysverhoging. Hoe bring hy hierdie kloutjie by hierdie oor.

IK ·

Stem saam met vorige kommentare. ‘Vinger trek’ is ongehoord in Afrika. Al produksie is afbreek van infrastruktuur, dan word daar selfs verniet ‘gewerk’.

bgj van der westhuizen ·

ja die unie sal huil oor dit wand daar sit te weel werkers wat niks doen

Koos de Meyer. ·

Waar kry hy goedkoop elektriese krag. Dalk goedkoper as hulle privatiseer want dan sal daar sekerlik nie so geswendel word nie.

John ·

Die unies gaan hul sin kry en ons gaan vir krag en gas betaal dat ons hop en dan hop die banke en dan hop ons oor die kant van die rand en dan kom Indiè en Sjina ons uithelp en weg is die unies.

Jack Sadie ·

Die vakbonde is reg. Baie van hul lede gaan hul werk verloor. Eskom is reg. Hulle het meer geld nodig vir hul onbeholpe kripvreters. Die belastingbetalers is reg: Hul geld word gemors.
As almal reg is, waar sal ons hulp vandaan kom?

Dafer ·

Opportunisme par excellence!
In plaas van dat daar nou net een oorbetaalde onbekwame top struktuur gaan wees, gaan daar nou DRIE groepe mense wees wat baie geld kry en niks verdien nie.

Luc ·

As hul nie een maatskapy kan bestuur nie hoe sal dit met drie gaan. Al die “te veel top bestuur” gaan seker nou elkeen ‘n beter pos ontvang. Moet die een nie eers funksioneer voor hy in drie kan deel nie. Wat gaan oorbly? “Hallo darkness my old friend”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.