Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Maandag by BMW Suid-Afrika begin staak oor wysigings aan diensvoorwaardes by die maatskappy se aanleg in Rosslyn, Pretoria.
Numsa het in ʼn verklaring gesê die motorvervaardigingsmaatskappy probeer ʼn skofstelsel op alle werknemers toepas, maar hulle wil nie die skoftoelaag betaal wat vroeër aan werknemers toegeken is nie.
Die vakbond het verduidelik BMW Suid-Afrika het vroeër vastetermynkontrakwerkers gehad wat permanent op nagskof was, en hulle het ʼn 28%-nagskoftoelaag ontvang. Onder die nuwe stelsel, volgens Numsa, is die maatskappy bereid om slegs 23% te betaal.
Jerry Morulane, streeksekretaris van Numsa, het gesê die maatskappy wil dit slegs toepas op werkers wat uurliks betaal word, en daarom het hulle besluit om teen dié voorwaardes te staak. Volgens hom onderhandel uur-werkers nie saam met werkers wat maandeliks salarisse ontvang nie.
“Ons maan die bestuur om betekenisvol met ons te onderhandel oor ons eise. Hulle is egter nou besig om werkers te viktimiseer wat hul reg uitoefen om te staak. BMW het Vrydag aansoek gedoen om ʼn dringende interdik te bekom om die staking te verhoed.”
Regter Moshoana het die aansoek aangehoor en dit toegestaan. “Hy wou nie redes verskaf waarom hy die interdik toegestaan het nie. Hy het doelbewus ʼn beskermde staking gestop en gesê hy sal nie redes verskaf totdat Numsa by die hof aansoek doen om sy redes aan te hoor nie.”
Morulane het gesê die vakbond het aansoek gedoen om verlof tot appèl en intussen is hulle geregtig om voort te gaan met die staking, omdat die aansoek om verlof tot appèl die interdik opskort.
BMW was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie, maar die maatskappy het Maandag weer by die arbeidshof aansoek gedoen om ʼn dringende interdik te bekom om die Numsa-staking op te skort, hangende die uitslag van die appèlsaak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
STAAK STAAK STAAAAAAK EN STRIKE SOMMAR VERDER want die mense wil net nie werk nie O ja as die regering so n voorbeeld stel van nie werk nie. dink hulle dit is reg.
Verskuif die aanleg na n eerste wêreld land .
Doen wat julle al lankal mies gedoen het . Ontrek uit SA
BMW het seker gedink die paar miljard rand wat hy beloof het om in SA te bele sal vir hom gunsies koop. Dink weer BMW.
My Pa het altyd gesê “Ontnugtering?…is die wreedste leermeester!!”