Numsa staak by Hi-Sense

Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) staak by Hi-Sense se vervaardigingsaanleg in die Wes-Kaap. Hi-Sense is ʼn groot Chinese internasionale vervaardiger van toestelle en elektronika.

Die staking sal onbepaald voortduur en raak alle Hi-Sense-vervaardigingsaanlegte in die Wes-Kaap.

Vuyo Lufele, streeksekretaris van Numsa in die Wes-Kaap, het gesê die stakers eis ʼn 15%-verhoging vir alle werkers. “Alternatief moet Hi-Sense die uurlikse tarief na R49,56 verhoog, sodat dit in lyn kan wees met ʼn bedryfsooreenkoms. Dit moet van toepassing wees op alle werkers, insluitend aanleg-, instandhoudings- en kontrakwerkers.”

Volgens Lufele het die werkgewer “uiterste arrogansie” getoon en weier om betekenisvol in gesprek te tree oor die eise. “In plaas daarvan dat hulle met ons onderhandel om die staking op te los, het hulle ons eerder uitgesluit. Ons loof ons lede dat hulle die moed het om te staak om die werksomstandighede van alle werkers te verbeter. Ons maan hulle om verenig te bly. Ons veroordeel die bestuur van Hi-Sense dat hulle werkers probeer afpers in hul poging om ons reg om te staak te ondermyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

Tot dat hulle ook onttrek van die land en toe maak in SA. Unies…

Ian

Ek hoop almal wat staak verloor hul werk. Is die mense regtig so dom om nie agter te kom dat ons land klaar swaar trek soos dit is nie. Kyk na SAL, Massmart,Edcon groep ens. maar nee die unie sal vir ons sorg as ons almal sonder werk is.

Bert

Maak toe!

Johan

Now the Chinese will really understand the meaning of “ubuntu”!

Ig

Ja nee, staak in julle maai in. Ironies wil almal nou staak net nadat hulle af was oor Kerstyd.Hi Sense moet dan maar toemaak en dan kan Cosatu vir almal sorg.