Numsa staak by UJ

Universiteit van Johannesburg. Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het ʼn kennisgewing van hul voorneme om te staak, aan die Universiteit van Johannesburg oorhandig.

Volgens die vakbond hou die staking verband met die universiteit se versuim om te voldoen aan gelyke betaling vir werk van gelykstaande waarde. “Daar is personeellede in die sekuriteitsafdeling wat laer salarisse verdien as hul kollegas, selfs al doen hulle presies dieselfde werk en het dieselfde verantwoordelikhede. Die graderingstelsel is onregverdig en ons eis dat dit dadelik hersien moet word,” het Oupa Ralake, woordvoerder van die vakbond, in ʼn verklaring gesê.

Numsa eis ook dat werkers op dieselfde mediese fonds moet wees met dieselfde voordele. “Werkers wat in 2016 ingekontrakteer is, is nie op dieselfde mediese plan as ander personeellede nie. En om dinge te vererger, lewer die universiteit geen bydrae tot hul mediese fonds nie, maar dra by tot die mediese fonds van ander personeel. Dit is baie onregverdig!”

Ralake het gesê die vakbond het reeds hierdie en ander kwessies met die bestuur van die universiteit aangeroer. “Hulle stel glad nie belang om hierdie belangrike kwessies aan te roer nie. Dit is skrikwekkend dat ʼn universiteit wat aanvoer sy kernwaardes is ʼn ‘etiese fondasie’ werkers op só manier kan mishandel.”

Die vakbond versoek die bestuur van die universiteit om ʼn ooreenkoms te onderhandel wat alle partye bevoordeel.

Die staking begin Vrydag en sal onbepaald voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ian ·

Mooi skoot. Staking sal onbepaald duur. Tot nog ‘n klomp mense hul werk verloor. Veels geluk aan al die unies en hul lede julle bring ons ekonomie vinnig af grond toe en julle sal hom nie self weer kan op-bou nie. En dit sal ook seker Jan van Riebeek se skuld wees.

Andrea van Vuren ·

Wanneer word gewerk en gestudeer? Almal heeltyd op straat! Wat het van gesag geword?

Vraagteken ·

Nee Vy, dis nie waar nie. UJ het eers in 2004 sy naam verander en begin verander. En terloops, hulle is die enigste universiteit in SA wat se gradering gestuig het afgelope 5-7 jaar

Ivan ·

Staak als in die grond in. Tot als klasr is en niks meer oor is nie. SA is nou Staakland
Goeie naams verandering.

Donald ·

Ek het kollegas wat werk van dieselfde waarde as ek doen en dieselfde salaris as ek verdien. Dis net jammer hul doen dit nie met dieselfde gehalte nie.

Pieter ·

Die vakbonde regeer mos die land hulle vertel mos vir maatskapy eienaars hoe om hulle besigheid te doen ou cr en maatskapy eienaars is mos dood bang vir die klomp as hulle praat dan spring almal

Mathys ·

Wat het ‘n metaalwerkersunie, met ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy (PSIRA) en SAPSWU vir die unie of hoe? Skuus ek sien die unieversiteit het nog nie ‘n privaat maatskappy gehuur nie en betaal self die sekuriteit personeel se salarisse. Ten spyte hiervan kan die unie nie moontlik organisatoriese regte he nie en bonop het hulle beslis hulle lede in die verkeerde sektor gewerf, nou sit hulle met lede, wat in die universiteit (hoogs waarskynlik die wet op basiese diensvoorwaardes) sit en hulle organiseerders of personeel ken seker die bepalings van die metaal sektor, as hulle bonop berigte in plaaslik sirkulerende dagblaaie kry, dan positiveer dit hulle andersins nietige bestaan, hulle sal hoogs waarskynlik nie ‘n gratis eindjaar braai kan reel nie, wat nog van ‘n wettige massa industriele aksie wat deur die CCMA gesanksioneer was?

Fred ·

Hulle staak en brand omdat hulle nie werk het nie….
Het hulle werk Dan staak en brand hulle vir meer geld…..
Verbied die vernietigende vakbonde en laat die Zim mense die werk doen

……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.