Numsa staak op kort kennisgewing

Irvin Jim, Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa het die lugvaartmaatskappy Comair 48 uur kennis gegee voordat hulle Donderdag gaan begin staak.

Indien dié staking voortgaan, sal dit maar ʼn dag voor die Paasnaweek in werking tree wat ʼn invloed op alle Comair-vlugte landwyd sal hê. Comair bedryf British Airways en Kulula.com in Suid-Afrika.

Dít volg nadat lede van Numsa in Desember verlede jaar op ’n salarisverhoging van 12%, ’n gewaarborgde 13de tjek, reiskoste, 15% van ʼn basiese salaris as ’n skoftoelaag sowel as ’n daaglikse oortydtoelaag aangedring het.

Die vakbond het gesê die besluit om vandeesweek te staak is geneem oor ’n geskil wat verband hou met loonverskille by die lugvaartmaatskappy nadat die vakbond reeds sedert verlede jaar probeer  het om die probleem met Comair op te los.

Die vakbond wil hê dat Comair die gaping tussen alle werkers met ’n loonverskil van minder as R1 000 onmiddellik moet oorbrug, die gaping van werkers met ’n loonverskil tussen R1 000 en R2 000 binne twaalf maande op werkersvergoeding moet oorbrug en die gaping van werkers met ’n verskil van meer as R5 000 binne drie jaar moet oorbrug.

Toe Numsa en Comair die loongeskil van verlede jaar opgelos het, was een van die besluite wat geneem is dat ’n werkskomitee bestaande uit Numsa-lede en Comair-bestuur sou probeer om hierdie kwessie vriendelik op te los.

Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, het in ’n verklaring gesê die vakbond kan nie ’n situasie toelaat waar die beginsel van gelyke betaling vir werk van gelyke waarde in die werkplek geskend word nie.

Jim het gesê hulle het ’n voorstel aan die bestuur van Comair voorgelê waarin ooreengekom moet word oor wanneer hierdie loonverskille reggestel sou word.

“Ons het voorgestel dat die bestuur mettertyd die lone van diegene wat deur die salarisgaping geraak word, moet verhoog, sodat daar eenvormigheid in hul salarisse kan wees omdat hulle dieselfde soort werk doen. Ons het vanjaar verskeie vergaderings met Comair gehad waar hierdie voorstel deur ons gemaak is,” het Jim gesê.

Volgens Jim het die bestuur van Comair dié voorstelle van die hand gewys. “In plaas daarvan het hulle ’n verregaande voorstel gemaak dat hoë verdieners nie salarisverhogings mag kry nie totdat die salarisse van ander werkers hulle salarisse ingehaal het. Dit is heeltemal onaanvaarbaar.”

Jim het gesê hulle doen ’n beroep op Comair-bestuur om sinvol met eise om te gaan om ’n staking kort voor Paasnaweek te vermy.

Comair het intussen gesê hy het die arbeidshof genader om’n dringende interdik te bekom om die staking te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andreas ·

Die wat sterk oor Steve en die Ghoemas voel, kan hier sien hoe dit op kort kennisgewing gedoen moet word.

Johanna Botha ·

Staak hom tot in die grond in …moet ook nie gaan stem nie !

Manie van Worcester ·

Hulle eise is belaglik maar hulle raadgewers se tydsberekenig baie oulik, ek hoop Comair het plan b

Johan ·

NUMSA staak baie graag maar kan nie besef dat hulle soms mense se werk in gevaar stel nie. Die meeste van hulle eise is ondeurdag en nie haalbaar nie. Na sulke “suksesvolle” stakings is daar gereeld afleggings…

piper ·

hulle voel vere vir ander mense. baie mense sou graag daardie werk wou he. wanneer gestaak word kry die werkers niks terwyl hy nog sy pond kry wat deur die werkers betaal word. hoe onosel kan die werkers tog nie wees nie. daar kan dalk mense wees wat al vir n jaar of self langer gespaar het om die paasnaweek n droom te laat waar word om net deur n onosele vakbond dit op te voeter.

Ma ·

Ek stem.Hy sit net daar en hits die werkers aan om te staak.Gaan hy vir die werkers en hul gesinne sorg as hle hul werk verloor.Daar is baie vaardige mense wat werk soek.Werkers dink voor jle doen!!!

PJC ·

Ek hoop nie daar word toe gegee aan hulle onrealistiese eise nie.

Gert van Wierdapark ·

So knip al die stakers indirek maar net hul eie vlerkies! Dis dom-en-astrant = Jim-hulle voer vere vir die werkgewers. As daar kleure vir stakers/stakings gegee sou word, gaan daar sommer hope Protea pette en baadjies vervaardig moet word! He-he-he!!!

Bul ·

Uniebase sit in besigheidsitkamers op lughawens en moedig hul lede aan on hulself ryk te staak…..so gaan dit maar en die werkers leer nooit.

George in Bloem ·

Die unies se eise word al hoe meer belaglik. Hulle gaan nog dit wat daar oor is van hierdie land se vuisvoos ekonomie ook vernietig. Dalk sal hulle gelukkig wees as daar op die ou einde absoluut bokkerol oor is nie en al die beleggers die pad gevat het. Ons land beweeg daagliks al hoe nader aan die Venezuela/Zimbabwe tipe nagmerrie situasie. Is die spul so domonnosel dat hulle dit nie kan insien nie?

fred ·

die vakbonde is die gif vir die ekonomie….50% werkloos…eers betoog hulle omdat hulle nie werk het…daarna staak hulle vir onbillike eise….maar hy hou maar vas aan sy cosy jobbie..

jip ·

nou ja julle soek alweer iets brand af en blunder…. ek hoop almal word gefire en kinders wat sonder wekr sit kry die werk…sal julel blerrie les leer….ek betaal nog seker met my tax geld vir die staking met kos en als wat aangedra word…ekonomie kan nie meer stakings vat nie en dan kan julle nie verstaan hoekom ons rommer status het nie …want did Rommel wat nie kan dink nie….

Attie. ·

hoe lekker lag ek nou vir Jip. Ek verstaan wat jy wil sê en ek voel net soos jy maar ek dink tog die sal goed wees as jy die stukkie deurlees voor jy dit stuur. Skryf nog, ek geniet jou taalgebruik en spelling.

marous ·

Wat het metaal werkers met ‘n lugredery te doen ? Verkoop hulle onderdele vir skroot ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.