“Ons maak dit duidelik dat die staking voortgaan en doen ‘n beroep op ons lede om die staking te verskerp,” het Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
Hy sê indien die werkgewers voortgaan met hulle “roekelose manewales” en “onredelike eise”, Numsa ander vakbonde sal vra om saam hulle in alle sektore te staak.
“Dit word ernstig oorweeg. Ons het geen ander opsie as om die staking te verskerp nie.”
Jim sê Numsa het die werkgewers se aanbod verwerp en dat indien werkgewers ‘n ooreenkoms van drie jaar wil hê, hulle ‘n stygende verhoging moet aanbied.
Numsa-lede in die metaal- en ingenieursbedryf staak sedert 1 Julie. – Sapa
Lees ook:
Numsa sê dalk gou oor hersiene aanbod
Ja almal weg man ek weet nie hoekom julle nog so sukel nie voor 1994 sal ons dit nie geduld het nie
Ek verstaan nie, hoe “verskerp” jy ‘n staking? Jy werk dan reeds nie. Gaan jy nou minder as niks doen? Verduidelik vir my ‘seblief.
Plunder en verniel.
Ek het ook so gedink, maar dit impliseer dat jy fisiese arbeid doen. Die mense wil dan juis niks doen nie.