Numsa-staking: Metropolisie waarsku JHB-motoriste

Argieffoto van Numsa-lede wat staak. Foto: @WisaniMadibs / Twitter

Argieffoto van Numsa-lede wat staak. Foto: @WisaniMadibs / Twitter

Die Johannesburgse metropolisie het motoriste gewaarsku om sekere strate in die middestad te vermy weens Numsa se betoging wat Dinsdag hier plaasvind.

“Motoriste word aangeraai om tussen 11:00 en 15:00 eerder paaie in die oostelike gedeelte van die Johannesburgse middestad te gebruik,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, gesê.

Minnaar het gesê die betoging sal by die Mary Fitzgerald-plein in Newtown begin en dan aanbeweeg na Henry Nxumalostraat. “Nagenoeg 5 000 betogers sal dan links in Marshalstraat in beweeg, dan Simmonds- en Andersonstraat waar ʼn memorandum oorhandig gaan word. Die betogers gaan daarna deur Sauer- en Jeppestraat terugbeweeg na die Mary Fitzgerald-plein.”

Motoriste word aangeraai om van Rissik-, Troye-, Mooi- en Breestraat gebruik te maak.

Meer as 220 000 lede van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) begin Dinsdag landswyd met ʼn onbepaalde staking. Die vakbond eis ʼn salarisverhoging van 12%, die afskaffing van arbeidsmakelaars, en ʼn jaarlange onderhandelingsooreenkoms.

Numsa-lede sal na verwagting Dinsdag ook in Durban, Port Elizabeth, George, Kaapstad en Oos-Londen betoog.

Lees ook:
Solidariteit verhoed dat niestakende werkers uitgesluit word
Numsa gaan staak; Solidariteit veg voort vir niestakende werkers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.