Numsa-staking verby

Numsa-betogers Foto: numsa.org.za

Numsa-betogers Foto: numsa.org.za

Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het aangekondig dat die staking in die metaal- en ingenieursbedryf verby is nadat die vakbond ‘n loonaanbod aanvaar het.

Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, sê die aanbod is “oorweldigend en eenparig” deur die vakbond se lede aanvaar. “Dit is ‘n reuse oorwinning gegewe die karige loonaanbod wat aangebied is nadat die onderhandelinge vasgeval het. Hiervoor salueer ons die metaalwerkers.”

Die aanbod behels ‘n 10%-verhoging elke jaar vir die volgende drie jaar vir laevlak-werknemers. Jim het ‘n beroep gedoen op Numsa se lede om Dinsdag vir werk aan te meld.

Numsa se nasionale uitvoerende komitee het oor die naweek vergader nadat die jongste aanbod deur die departement van arbeid voorgestel is.

Nagenoeg 200 000 Numsa-lede het op 1 Julie begin staak en aangedring op ‘n 12%-verhoging. Hulle het aanvanklik 15% geëis. Hulle het ook op ‘n behuisingstoelaag van R1 000 en die afskaffing van arbeidsmakelaar aangedring.

Die vakbond Solidariteit, wie se lede nie gestaak het nie, het ook vandag aangekondig dat hy die werkgewersgroepering Seifsa se aanbod van ’n driejaarsalarisooreenkoms in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) sal aanvaar.

Die aanbod behels verhogings van 8% tot 10% in jaar een, 7,5% tot 10% in jaar twee en 7% tot 10% in jaar drie. Die voorgestelde ooreenkoms bepaal ook dat artikel 37 van die MEIBC Kollektiewe Ooreenkoms onveranderd behoue sal bly, met dien verstande dat bestaande maatskappyvlakooreenkomste wél van krag bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

maria ·

Dankie dat die staking verby is!!! Dit was swaar dae gewees. Hoop net nie my werkgewer betaal amal by die voet nou af nie. Dankie Jesus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.