Numsa teleurgesteld oor uitspraak

Argieffoto: GCIS

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) het sy teleurstelling uitgespreek nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek, vir ʼn interdik om Eskom te verhoed om kontrakte met 27 onafhanklike kragprodusente te sluit, afgekeur het.

Regter Dawie Fourie het beslis dat die interdik, deur Numsa en Transform RSA, nie dringend is nie.

“Die regter het nie alles oorweeg nie. As Numsa voel ons dat ons ʼn baie sterk saak het. Ons glo hierdie kontrakte sal ʼn ernstige en negatiewe impak hê op die werkers wat by Eskom in Mpumalanga werk,” het Phakamile Hlubi, woordvoerder van die vakbond, gesê.

Hlubi het gesê hulle sal die uitspraak bestudeer en sodra hulle met hul regspan vergader het, sal hulle verdere opsies oorweeg. “Tot die regering met ʼn duidelike regstrategie na vore kom wat met dié werkers sal gebeur, sal Numsa, wat werkers by Eskom verteenwoordig, aanhou om alle platforms en regsopsies te ondersoek om ons lede te beskerm.”

Die vakbond het gesê hy staan nie hernubare energie of ʼn beleid, om gemengde energiebronne te gebruik teen nie. Hulle eis wel ʼn bedryf wat beheer en besit word deur die werkers en die gemeenskap.

Numsa is van mening dat die ooreenkoms daartoe sal lei dat vyf Eskom-kragstasies in Mpumalanga sal sluit – en dit sal ongeveer 30 000 poste laat verlore gaan.

Die vakbond meen ook dat die ondertekening van die kontrak die prys van elektrisiteit aansienlik sal verhoog omdat “onafhanklike kragprodusente meer kos as steenkoolaangedrewe elektrisiteit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wolf ·

Arme Numsa, Shame en ek dog hulle ondersteun werskepping en welvaart. Ek het nog nooit van n organisasie gehoor wat werkskepping verwelkom, en dan huil oor kragstasies wat sal sluit omdat dit glo werkers sal verloor. Steenkool brand besoedel die lug, en hulle moes al lankal gesluit gewees het. Hernubare energie is die antwoord. Sorry hoor.

Vraagteken ·

Wolf, jy verstaan duidelik nie hoe kraggenerasie werk nie. Jy kan nie die kragstasies afsit nie! Wat gebeur in die aand wanneer die las op sy hoogste is en sonpanele NIE vir jou krag gee nie?

Hoekom kry jy nie vir ons ‘n alternatief in die aand nie? Dan sal die lug nie so besoedel wees nie. As jy nie kan nie, dan moet jy maar met die besoedeling saam leef.

Lolla ·

Word wakker numsa…27 maatskapye gaan werk skep en meer bekostigbaar wees. Dis lankal tyd dat Eskom gesonde kompetissie kry of verdedig julle die “gravy train”? Julle kamstigge lede sal werk by hierdie mense kry en steeds lede van julle wees- so stop julle “cry baby” onnoselheid. Gee samewerking.

Vraagteken ·

Ek dink nie die publiek verstaan dat hierdie projekte glad nie goed vir SA se ekonomie is nie. As hierdie projekte plaasvind, dan moet Eskom krag koop wat hulle nie kan verkoop nie. Die publiek sal op die einde van die dag moet betaal vir dit’.

Almal moet onthou, jy kan NIE die kragstasies afsit nie.

Lolla ·

Eskom moet liewer niks koop nie. Hulle moet privatiseer of toe maak.

Dirk ·

Eskom het lankal gevou: Korrupsie. (o.a. aanstellings van ongekwalifiseerde mense) swak bedryfspraktyke, agterstallige instandhouding, jaarlikse buitensporige bonusse, onvermoë om die aanvraag te hanteer (load shedding) e.d.m. Eskom het hierdeur klante verloor wat nooit weer sal terugkom nie, want hulle moes ander planne maak of onder gaan. Hoe is dit nou dat hernubare energie blameer word vir Eskom se probleme. Eskombase het grootdoenerig verkondig hoe hulle die minimum salarisse bo R30 000 per maand wil opstoot. Die salarisverpligtinge het verby die volhoubaarheidsvlak gesneeubal en die skuldvlakke het toegeneem. Hoeveel geld bly dan oor vir instandhouding? Niks!!!. Wat het die konstante wanbestuur met hernubare energie te make gehad? Zero. Alle aanduidingings was daar dat die vraag na Eskom se steenkoolgegenereerde krag gaan afneem. Maar nee, elke Jan Rap en sy maat kry lisensies om steenkool te myn. Hernubare krag kry nou die skuld vir Eskom probleme??? Asseblief mense!!! Privatiseer die hele industrie en dinge sal begin regkom.

Dirk Coetzee ·

Eish ·

Wie sou van die hernubare energie maatskappye besit of swaar daarin belê het?
CR, Patrice Motsepe. Minister wat dit goedkeur, Jeff Radebe. Gemene deler, CR en Radebe met susters van Motsepe getroud.
Reuk wat afgee word, hernubare korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.