Die metaalwerkersvakbond Numsa is uit Cosatu geskors.
Numsa is tydens ʼn vergadering van die sentrale uitvoerende komitee geskors. Die vergadering het tot laat Vrydagaand aangehou. Lede van die uitvoerende komitee moes stem oor of Numsa deel van Cosatu mag bly en 33 mense het gestem dat Numsa geskors moet word terwyl 24 mense teen dit gestem het.
Irvin Jim, sekretaris-generaal van Numsa, het ʼn voorlegging gedoen waarin hy die vakbond verdedig het teen moontlik skorsing. Numsa het vroeër die week ʼn hofaansoek gebring in ʼn poging om Vrydag se vergadering te gekeer het. Die saak is egter uitgestel en die vergadering het voortgegaan.
Numsa het voorverlede week aangekondig dat hy gaan wegbreek van die ANC en sy eie politieke party gaan stig.
Breek weg van alles af julle jaag na status en geld en eet mekaar op is dit die moeite werd nee.