Numsa vs Aveng: Uitspraak voorbehou

grondwethof2

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die saak tussen die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en Aveng Trident Steel.

Numsa het die hof genader om te versoek dat 733 werkers weer by Aveng Trident Steel aangestel moet word. Maroela Media het berig die maatskappy het in 2015 artikel 189-kennisgewings uitgereik om werknemers in kennis te stel van sy herstrukturerings- en afleggingsplanne. Die saak is Donderdag in die hof aangehoor.

“Ons hoop regtig die Konstitusionele Hof sal hierdie ongeregtigheid regstel, want hierdie werkers is al lank sonder ʼn inkomste,” sê Numsa in ʼn verklaring. “Indien die hof in Aveng se guns bevind, sal dit ʼn terugslag wees vir die arbeidsbeweging en die proses van werklike konsultasie tydens die herstruktureringsproses.” Numsa glo werkers is onregverdig afgedank toe hulle geweier het om veranderings aan hul diensvoorwaardes te aanvaar.

Die vakbond sê dieselfde het gebeur by Scaw in Vereeniging in Desember, toe 163 werkers afgedank is omdat hulle ook nie veranderings aan hul dienskontrakte wou aanvaar nie. “Ons hoop dus dat die Konstitusionele Hof die besluit van die arbeidshof tersyde sal stel en in die guns van ons lede en die werkersklas oor die algemeen bevind,” sê Numsa.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

En as die werkers heraangestel is? Wat dan as die maatskappy nie die finansies het nie? Net ter inligting, dan is dit totsiens aan almal wat daar werk en nog n maatskappy minder in Suid Afrika.

Phillip ·

Wel almal staak vir hoorselaarise maar niemand dink aan die besigheid se boeke wat moet klop en voorraad wat moet aangekoop moet word met wat se geld dan moet die mese maar gaan om die begrooting te laat klop soos die staadsdiens as hulle dit nie wil aan vaar nie moet hulle gaan

daniel ·

Werkgewers het ook nie n onbeperkte poel van finansies tot hulle beskikking nie, en bowendien kan elke werker nie werk gewaarborg word tot aftrede nie.

Stefan ·

Ad dit goed gaan met ‘n maatskappy het die werkers baie argumente dat hulle wil meedeel in die winste.
As dit sleg gaan wil hulle nog steeds meer en meer hè, tot bankrotskap volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.