Numsa-werkers by Macsteel gaan staak

Lede van die metaalwerkersvakbond Numsa gaan by alle aanlegte van Macsteel begin staak.

“Ons eis is eenvoudig: Ons wil hê al 99 werkers wat Macsteel afgelê het, moet dadelik weer aangestel word,” het Irvin Jim, algemene sekretaris van Numsa, gesê.

Jim beskuldig die bestuur van Macsteel daarvan dat hulle “berekend en wreed” is.

“Werkers is tydens die pandemie afgelê en die besluit om hulle te ontslaan is in die middel van verlede maand geneem, net toe die maatskappy vir die Kersvakansie gesluit het. Dit is doelbewus gedoen om te verhoed dat die werkers en die vakbond enigiets kan doen om dit te stuit. Numsa veroordeel die optrede en doen ʼn beroep op alle Macsteel-werkers om Maandag by die staking aan te sluit.”

Numsa voer aan Macsteel het vantevore werkers afgelê en die besparings gebruik om bonusse aan bestuurders en uitvoerende hoofde te betaal.

“Ons glo dit is dieselfde strategie wat hulle nou toepas. Gulsige kapitaliste buit die pandemie ten koste van die werkersklas uit. Hulle het geen ontsag vir die lyding van werkers of die uitwerking op werkers en hulle gesinne tydens ʼn pandemie nie,” sê Jim.

Numsa sê die vakbond het die maatskappy reeds kennis gegee van die staking wat Maandagoggend begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wiehan ·

Kan jy glo, in die tyd waar die regering besighede en industriee dwing om toe te maak, kom unies nog en wil staak. STAAK die land heetlemal in sy kanon in. Dan kan Malema oorneem, want dan kan hy die blankes se “geld” vat en dit uitdeel aan die reenboog nasie. Lank lewe die reenboog nasie – maksimum 7 dae!

Casper ·

Indien dit so is dat werkers afgelê is om bonusse aan toplui te betaal tenkoste van werkers moet drasties en agressief teen Macsteel opgetreë word.Werkers het ook gesinne om voor te sorg veral nou in die tyd van die pandemie.

Ou bees ·

Jy moet hare op jou tande hê om n besigheid in die land te hê.

Nie Verbaas ·

As dit waar is oor bonusse vir die top bestuur stem ek die keer saam met Numsa.

Pieter J ·

Hierdie klink na ń wolhaarstorie. Die inperkings is die oorsaak daarvan dat maatskappye en klein besighede finansieële verliese ly en sommiges selfs moet sluit. Hulle weier om te erken dat die fout by die ANC regering lê want dit is mos hul “comrades”. Volgens hulle is die fout altyd by die wit base ongeag die omstandighede.

Renier johannes ·

Weg doen met al die unies wil net die land verder op neuk

lollapot ·

Terwyl hulle staak en die ekonomie verder die afgrond indwing, is daar blankes wat bid vir Enige werk, om n brood op die tafel sit!

Hennie J ·

Ag siestog; ons gaan nou staak om ons 99 gabbas terug by die werk te kry, maak nie saak of dit die maatskappy op sy knie sal dwing en ons almal verloor ons werk nie. Kan die mense nie verder dink as wat hulle neuse lank is nie? Gelukkig ons betree nou n era waar hulle enigste wapen tewete staak, besig is om sy impak te verloor. Dit is nou die era van n eerlike dag se werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.