Numsa: ‘Wittes word meer betaal’

NumsaWit werkers word vier keer meer as hul swart eweknieë betaal, het die vakbond Numsa Maandag tydens sy nasionale bedingingskonferensie in Pretoria gesê.

“Dit sal 520 jaar vat vir Afrikane om dieselfde salarisse as wittes te verdien,” het Karl Cloete, Numsa se adjunk-sekretaris-generaal, gesê. “Werkloosheid is aan die toeneem, armoede verdiep en ongelykhede verbreed.” Cloete sê vir elke werklose wit werker is daar 80 werklose swart werkers. Volgens Numsa het werkloosheid onder swart mense van 40% in 2008 tot 46% in 2012 toegeneem. Cloete sê Numsa het ʼn reuse taak om die hoë aantal werkers wat nie aan vakbonde behoort nie, te werf. Hy sê die ANC-regering is trots daarop om maatskaplike toelae uit te deel maar dat werkloses nie toelae soek nie maar behoorlike werk. Andrew Chirwa, president van Numsa, sê die werkersklas en die armes het nie ʼn goeie storie om te vertel rakende hoe hul lewens ten goede verander het nie. “Daar is nie ʼn goeie storie om te vertel nie. Dis ʼn feeverhaal. Die werkersklas en armes het ʼn slegte storie om te vertel.” Hy sê al wat die ANC reggekry het, was om wit kapitaal met swart kapitaal te vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JB ·

Ja en hoeveel keer meer swartes is daar as blankes??? Jul redeneer net soos passers, al in die rondte. Dog jul stem vir ANC want hul gee vir jul werk??

AmY ·

Kan nie wees nie!!! Al die swartes wat saam my werk word betaal wat ek kry. Sommige is na drie jaar in bestuuresposisies en kry drie keer wat ek kry en ek is al 24 jaar in die bank. Ek is moeg vir die onderwerp wat nou al holrug gery is.

Ek is wit en dinge het ook nie vir my ten goede verander nie.

Hier by die bank maak hulle dit BAIE MOELIK vir jou om ‘n ordentelike verhoging te kry. En ek het al vir my tweede jaar nie ‘n verhoging gekry nie, terwyl alles net styg en styg en styg!!!

Danielle ·

Ag liewe genade tog, hou op aanteel dan sal daar nie soveel werklose swartes wees nie. Dan noem julle nog, vir elke wit werklose is daar 80 werklose swartes. Indien dit waar is dat die wit werkers meer betaal word, is dit omdat hulle meer ervaring het, beter opgelei is en oor die nodige kwalifikasies beskik. Hou vir ‘n slag op huil en doen bietjie iets vir julle self.

Theresa ·

Ag kom net by. As iets nie na hulle sin verloop nie is dit altyd die wittes. Dis nooit hulle nie – altyd die wittes. Seker ook die wittes se skuld dat dit so reen en die paaie onbegaanbaar is. Maak oop julle oe en kyk na julle self. Wie kry die poste, wie kry die karre, wie kry ALLES!!! Dis julle wat nie eers weet waar julle links of regs is nie.

Dewald ·

Waar kom hulle aan hierdie twak?
Een van my hoofredes hoekom ek Sa verlaat het, was dat die swartes wat ek moes oplei om my werk te moes doen, meer as ek betaal was!

Jasper ·

Karl Cloete, skud jou kop dat jou ore jou kan wakker klap. Moenie die fout by Blankes soek wat hard werk en die land se ekonomie aan die gang hou en dan nog die meeste bydra tot die Staatskas as dit by belasting kom nie. Die minderheid onderhou alreeds die meerderheid. Kry eerder hierdie selfbejammering en selfvernietigingsdrang uit jou mense se koppe.

Kitsie ·

Word die blankes dalk nie meer betaal omdat hul verder geleerd is nie ? Hoe kan jy verwag om dieselfde betaling te kry as jy nie eers verder as graad 8 op skool gevorder het of erger nog min of geen skoolopleiding gehad het nie .

Dan ·

Laat Numsa eerder ‘n ondersoek doen oor produktiwiteitsverskille tussen swart en blank, en sodra hulle daardie antwoord het, kan hulle dit op die nuusblaaie uitbasuin. Dit sal natuurlik nooit gebeur nie. Cloete raak die grootste bog denkbaar kwyt. Die blankes in hierdie land betaal by verre die meeste belasting. Net vanoggend kry ek ‘n swart Staatsamptenaartjie, seker so 24 jaar oud, en hy ry met ‘n voertuig wat R1.2 miljoen kos (dit is sy eie voertuig en behoort nie aan die Staat nie). Suid-Afrika het in 2013, terwyl die res van die planeet ‘n depressie/ressessie beleef, die meeste nuwe dollar-miljoenêrs in die wêreld opgelewer. Laat Numsa nog ‘n verdere studie doen en ons dan inlig hoeveel van hierdie miljoenêrs is blank en hoeveel is swart. Ons wag vir die antwoord.

Theresa ·

Ek stem Dan. Daar moet ook sommer bepaal word van hoeveel van die blinkkragies is bevoeg om die werk te doen waarin hulle ‘n pos gekry het. Daar sal nie opsomming gemaak word nie want die antwoord is ……..0 !!

Conrad ·

Hulle soek stemme mense. Het hulle nie ook nou n politieke party gestig nie? Hulle stook om stemme te kry!

CHANTELLE ·

ag asb kom kyk bietji wat ons jonges van vandag kry is belaglik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.