Nutsman swaar gestraf vir verkragting, moord

Anthea Thopps (Foto: Facebook)

Die nutsman wat die 30-jarige Margaretha Anthea Thopps in Julie verlede jaar in haar huis op Beaufort-Wes verkrag en vermoor het, is Dinsdag in die rondgaande hof op dié dorp tot 65 jaar tronkstraf gevonnis.

Die moordenaar, Jacobus Plaatjies, het as nutsman los werkies vir Thopps by haar huis gedoen en was ook redelik bevriend met haar. Hy is onder meer vir moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede en huisbraak en diefstal skuldig bevind.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Plaatjies het tydens die pleitooreenkoms in die hof gesê dat hy op 21 Julie verlede jaar saam met vriende tik en Mandrax gerook en daardie aand geld nodig gehad het om nog dwelms te koop. Hy het in die hof gesê dat hy toe onthou het dat Thopps ’n klankversterker het wat hy kan steel en verkoop.

Ntabazalila sê Plaatjies het erken dat hy toe na die Thopps-gesin se huis is en ʼn gat in ʼn verswakte houtstruktuur gemaak het. Hy was bewus van hierdie swak struktuur aangesien hy dit voorheen herstel het. Hy het só toegang tot die huis deur die kombuis verkry.

“Toe hy in die kombuis kom, het Thopps ʼn geraas gehoor en gaan kyk wat aangaan. Sy het hom herken in die straatlig wat in die huis inskyn.”

Volgens Ntabazalila het Plaatjies erken dat hy Thopps na die sitkamer gesleep het, haar mond toegedruk en haar gewurg het totdat sy bewussyn haar verloor het.

Hy het in die hof erken dat hy haar toe verkrag het, haar handsak en twee selfone geneem en haar met ʼn skoenveter verwurg het voordat hy die huis verlaat het.

“Plaatjies het ook erken dat hy R200 in Thopps se handsak gevind het waarmee hy meer dwelms gekoop het. Hy het later die handsak en die res van die items daarin verbrand terwyl hy dwelms in die veld gerook het. Hy het ook een van die selfone vir R100 verkwansel en die ander een in die veld weggegooi.”

Plaatjies is gevonnis tot 25 jaar tronkstraf vir moord, 25 jaar vir verkragting, tien jaar vir roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir huisbraak met die doel om te steel.

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Die staatsaanklaer, Carine Theunissen, het gesê die misdrywe is ernstig, veral in die lig van geslagsgeweld wat voortdurend in Suid-Afrika ’n groot rede tot kommer is.

“Die ergste is dat Thopps se vyfjarige seun nou sonder sy ma moet grootword,” het Theunissen bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kruger ·

Wat beteken 65 jaar as alles “gesamentlik” uitgedien word????

Vriendelike Frikkie ·

Wat dit beteken is dat ons ‘n verkragter, moordenaar binne 3 tot 5 jaar terug op straat gaan hê.

Moedeloos ·

Die 65 jaar word net oor 25 jaar versprei en kan dus vroeg vir parool inaggeneem word indien hy hom gedra in die tronk. Pateties.

Vriendelike Frikkie ·

Het SA die straf soos Amerika; “Life without parole”? ‘n Krimineel word vir die res van sy natuurlike lewe uit die samelewing verwyder.

Frederik C ·

Hy het basies 25 jaar gekry en kan na 12 jaar parool kry. En dit vir ‘n wrede moord wat hy gepleeg het !! Watter patetiese regstelsel……….

Yvonne ·

Hoe tragies het ons land geword…misdaad neem net by die dag toe.

Dries ·

Dit voel asof mens net niemand meer kan vertrou nie. Jy moet net in jou huis sit met die deure gesluit en hoop boosdoeners los jou uit.

Jakes ·

Mandraxs is meer vryelik in tronkselle beskikbaar as buitekant en ook goedkoper. Hulle sal hul dwelm gebruik eenvoudig voortsit.

Anel ·

Ek verstaan nie ons regstelsel nie. Hier word die moordenaar 25 jaar gevonnis. In ‘n voorige berig waar meer mense as moordenaars betrokke is kry hulle net 15 jaar! En moennue vir my sê dat dit us omdat dit’ n vrou is wat vermoor is nie. Moord id moord. Ons regstelsel is onbevoeg en rassisties. Vertrou hulle niks. Jy kan ‘n blanke vermoor en R50. 00 birg kry maar moet net nue skeef kyk vir our people nie want dan is jy terroris.

Sanet ·

Wonder wie onthou n moordsaak in Duitsland jare gelede, toe die Ma van haar vermoorde dogter net na die vonnis oplegging net daar opgestaan het in die hof en die sneller getrek en van die moordenaar onslae geraak het? Ek verstaan vandag wat dryf mens na so n daad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.